Saturday 23 March 2013

JODE TERT

                                                   (FOTO GELEEN)

Charlotte Verwey da Silva
OUMA SE JODETERT:
Korse:
425g (800 ml) koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
Knypie sout 200g (250 ml) Suiker
250g Margarien/botter
2 Eiers, geklits
Vulsel:
1.375 ml (5 1/2 koppies) Melk
200g (250 ml) Suiker
4 Eiers
100g (180m ml) Koekmeelblom
10 ml Vanieljegeursel
Metode:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die witsuiker by en meng. Vryf die botter/margarien in die meelmengsel in totdat dit soos fyn krummels is. Voeg die eiers by en meng tot 'n sagte deeg. Verdeel die deeg in ses ewe groot stukke, plaas dit in 'n houer met 'n deksel en laat dit 'n rukkie rus.
Bak die korse soos volg:
Draai koekpanne met 'n deursnee van 20cm om sodat die die boom bo is. Bespuit met kleefwerende sproei of smeer baie goed. Rol 'n stuk deeg met 'n rolstok dun op ;n omgekeerde pan uit en sny die rand netjies (hou die afgesnyde deeg vir die sewende kors) Bak die korse in 'n voorverhitte oond by 180 grade Celcius tot 'n baie ligte bruin. Maak dit versigtig van die panne los met 'n eierspaan en laat dit op 'n draadrak afgly om af te koel. Bak al 6 die stukke deeg sowel as 'n sewende laag van die afvalstukke deeg. Smeer na elke bak die panne goed.
Laat die melk vir die vulsel amper kook. Klits die eiers en die suiker goed saam en klits dan die koekmeel by. Meng die warm melk geleidelik met 'n draadklopper in die eiermengsel in en gooi dan terug in die warm kastrol. Plaas terug op plaat en kook stadig tot dik oor lae hitte terwyl dit aanhoudend geroer word. Laat die mengsel amper heeltemal afkoel voor die vanieljegeursel ingeroer word. Skep ewe veel van die vulsel op elke kors en smeer gelyk. Stapel die korse met vulsel dadelik versigtig opmekaar met behulp van eierspane. laat die Jodetert 'n dag of wat in 'n toe houer verouder in die yskas voor dit gesny word. X
Karen Mackay
Net 'n vinnge raad: Ek rol die deeg uit vir die korse merk die boom van die koekpan af, sny uit en bak dit dan sommer op bakplate, soos kry jy 2 korse in een pan en gaan die bak bietjie vinniger
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jode-tert.html

Charlotte Verwey da Silva
Vir 'n vinniger weergawe kan julle ook die volgende doen:

SMEERKORSE:
125 ml Koekmeel
50 ml Margarien
4 eiers
50 ml Suiker
10 ml Bakpoeier
Melk
Metode:
Meng suiker en margarien goed saam. voeg eiers een vir een by en klits goed. Sif die droe bestandele saam en voeg by. Maak aan met melk tot sagte deeg. Smeer oondpan en voer uit met waspapier, trek sirkels met behulp van 20cm koekpan op die waspapier en smeer die deeg op sirkels. Bak tot gaar by 180 grade Celcius.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jode-tert.html


Helena Enslin Laubscher
Jode tert met gekookte kondensmelk
Petro van der Westhuizen
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels vanielje
½ koppies suiker
2 eetlepels botter- botter is die beste om mee te bak.
knippie sout
2 eiers
Smelt botter en klits eiers daarin. Sif droë bestandele en meng met botter mengsel. Gooi vanielje by en meng tot rolbare deeg. Deel in 6 dele en rol apart uit. Smeer agterkant van koekpan en sit een deel daarop. Bak tot gaar en doen dieselfde met ander dele. Laat afkoel. Smeer tussen 5 lae gekookte kondensmelk, karamel of dikgekookte vla. Smeer ook bo-op. Krummel 6 de deel en gooi bo-oor
Versier met kersies en room.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jode-tert.html

Helena Enslin Laubscher
JODE TERT:
500ml meelblom
 ¼ koppie suiker
10ml bakpoeier
10ml vanillageursel
¼ koppie botter of margarien
 2 eiers
knippie sout
Klop botter en suiker tot room. Voeg eiers een vir een by en klop goed. Voeg geursel by. Sif droë bestanddele saam. Meng met bottermengsel tot beskuitjiedeeg. Sny in 6 gelyke dele, rol elkeen uit en sny in rondtes. Steek vol gaatjies met vurk en bak tot ligbruin.
VULSEL:
625ml melk
125ml suiker
2 eiergele
5ml vanilla
25ml mielieblom ( Maizena)
Klits eiergele en suiker, maak mielieblom met bietjie melk aan en meng saam met eiermengsel. Maak hiermee 'n dik vla met orige melk. Sit vla tussen koekrondtes. Krummel een koekrondte en strooi bo-op en rondom.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jode-tert.html

1 comment: