Thursday 14 March 2013

WARM HOENDER-SLAAI



Warm hoenderslaai met pesto-en-soetrissiesous

Slaai klink nie so aanloklik in die winter, maar die warm slaai sal jou gesond en vol energie hou. Avokado’s en amandels bevat belangrike vetsuur-olies wat noodsaaklik is vir jou brein en dit hou jou vel mooi.
Bestanddele:
4 hoenderborsies
60 ml goeie pesto + ekstra 30 ml
sap en skil van een suurlemoen
30 ml olyfolie
15 ml pesto
gemengde blare van babaspinasie, bronkors en roketblare
2 avokado’s, geskil en in repe gesny
100 ml Peppadews, in kleiner stukkies gesny
200 g fetakaas, in blokkies gesny
50 g amandelsplinters
Sous
15 ml olyfolie
125 ml soetrissiesous
sap en skil van een suurlemoen
15 ml blatjang
Metode:

Sny die hoenderborsies in repies. Meng die pesto, suurlemoensap en -skil en olyfolie saam en marineer die hoender in die pesto-mengsel vir 15 minute. Braai die hoender tot gaar in die marinade. Skep die hoender uit en skep die ekstra pesto oor die hoender. Sit die slaaiblare in ’n bak en plaas die avokado, Peppadews en fetakaas bo-oor. Rooster die amandelsplinters liggies in ’n warm pan. Gooi die hoender oor die slaai en sprinkel die neute oor. Meng die olyfolie, soetrissiesous, sap en skil van suurlemoen en blatjang saam en bedien saam met die slaai.*voelgoed*13/3/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/warm-hoender-slaai.html


Dalene Brits
WARM GROENOLYF, HOENDER-AARTAPPELSLAAI
DEMONSTRASIE – SK FYNPROEWERS DEUR FRANCOIS FERREIRA
1kg Babaaartappels, gekook en verkoel
2 medium Uie, gekap
4 Preie, gekap
4 huisie knoffel, fyngekap
Botter vir braai
Olyfolie versnit
1 blikkie gekapte tamaties
4-6 Hoenderbors filette
100g goeie kwaliteit groenolywe
Sout en(wit)peper na smaak
Goeie kwaliteit ‘extra virgin’ olyfolie

Braai die uie, preie en knoffel stadig saam in ’n mengsel van botter en olyfolie versnit tot deurskynend.
Sny die verkoelde aartappeltjies in die helfte en voeg by die uie mengsel, voeg die blik gekapte tamaties en 50g van die olywe, grof gekap daarby.
Laat prut terwyl die hoenderborsies apart gebraai word. Braai die heel borsies en wanneer gaar sny in dik repe. Voeg by die aartappels en meng deur.
Skep in opskepbak, voeg oorblywende groen olywe by. Geur met ‘extra virgin ‘ olyfolie en geniet. Bedien met ’n groenslaai.

Kan ook Balsamiek asyn byvoeg. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/warm-hoender-slaai.html

No comments:

Post a Comment