Thursday 14 March 2013

SOET-SUUR HOENDER GEREGTE



Soet-en-suurhoender met koeskoes

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soet-suur-hoender-geregte.html
*Voelgoed*
30 ml olie
1 ui, gekap
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
45 ml tamatiesous
60 ml blatjang
30 ml soetrissiesous
30 ml asyn
30 ml sagte bruinsuiker
1 blikkie pynappelstukkies, gedreineer
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 geel soetrissie, in repies gesny
1 groen soetrissie, in repies gesny
200 g suikerertjies
varsgemaalde swartpeper
50 g kasjoeneute, liggies gerooster en grofgekap
koeskoes vir opdiening
Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui tot sag. Voeg die hoender by en braai tot gaar. Meng die tamatiesous, blatjang, soetrissiesous, asyn en bruinsuiker saam en gooi oor die hoender. Kook vir 3 minute tot dit ’n lekker sous begin vorm. Voeg die pynappel, soetrissies en suikerertjies by en braai vir 2 minute. Geur met swartpeper en bedien warm op koeskoes. Sprinkel neute bo-oor en bedien.
Die pynappel is hoog in vitamien C en ’n wonderlike antioksidant. Dit bevat ook bromelien, wat help om kos, veral proteïene, vinnig af te breek en te verteer. Jy kan dit ook saam met bruinrys of Sjinese noedels bedien.*13/3/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Helena Kruger
Hier is my Suurhoender Resep...weet nie of dit dieselfde is as waarvan jy praat nie maar dit is baie lekker..Baie ou resep..

SUURHOENDER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/soet-suur-hoender-geregte.html
*eie resep van Helena Kruger *

2 Hoenders opgesny in porsies
SOUS
1+ 1/2 k Asyn
1+1/2 k Olie
3 t sout
3 e Tamatiesous
3 e Worcestersous
1+1/2 t Mosterdpoeier
1+1/2 t Tabasco
1 Fyngekapte ui[groot]
Kook hoender tot amper gaar
Maak sous en voeg by hoender en kook heeltemal gaar
Skep uit in n bakskottel met n deksel en gooi sous oor
Bak stadig op lae hitte tot ete**Helena Kruger
..23/04/2015

No comments:

Post a Comment