Thursday 14 March 2013

LAMSBREDIE GEREGTE



Lamsbredie op polenta

60 ml olyfolie
6 baba-uitjies
2 knoffelhuisies (fyn gedruk)
850 g lamsvleis, in blokkies gesny
1 ml rooipeper
5 ml paprika
5 ml fyn komyn
5 ml fyn koljander
10 ml kaneel
30 ml biefekstrakpoeier
400 g geblikte tamatiestukke
60 ml witwyn
250 ml kookwater
100 g gedroogde appelkooshalwes
100 ml polenta
400 ml water met ’n knippie sout
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml gekapte vars kruisement

• Verhit die olyfolie en braai die uitjies tot sag. Roer die knoffel by.
• Voeg ook die lamsvleis by. Braai tot bruin en voeg al die bestanddele tot by die kookwater by. Verlaag die hitte.
• Laat prut vir sowat 45 minute tot die lam sag is. Voeg die appelkose die laaste 10 minute by.
• Laat die water kook en gooi die polenta stadig by. Roer aanhoudend.
• Verlaag die hitte en laat prut tot dik en romerig. Hou aan roer. (Dit neem sowat 10 minute.)
• Skep die polenta uit op ’n bord en bedien die lamsbredie bo-op. Strooi die kruisementblare oor.
WENK: Die polenta kan met koes-koes vervang word.*Voelgoed*13/3/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lamsbredie-geregte.html

No comments:

Post a Comment