Saturday 13 April 2013

AARTAPPELSLAAI GEBOTTEL




Helena Kruger hier is hy>en myne staan al seker 5md.
INGELEGDE AARTAPPELSLAAI

13/4/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappelslaai-gebottel.html
Juanita Van Pletzen

4 kg Aartappels,
2 Potte Mayonaise,

1 Blik Kondensmelk,
3 Groot uie gekap.
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.
Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af.
Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo mengsel,roer weer deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op 'n koel plek gehou word...


 kyk net hoe romerig**Helena Kruger















Nouja KOSMATERS na ek die slaai ingemaak het op die***13/04/2013..ja julle het reg gelees het ek vandag weer n bottel oopgemaak....**23/04/2015 na meer as 2jr..en GROOT WAS MY BLYDSKAP*** dat dit nog net so lekker is soos die eerste maal wat ek dit 5mde na inmaak oopgemaak het [foto met die klein rooi tamaties by] So as mens dit reg bottel kan dit baie lank hou..Helena Kruger>23/04/2015


 





WENK**

Beulagh Lombard Skil aartappels sny in blokkies weeg en kook tot sag nie pap nie
Kerf 2 uie kook in n kwart koppie asyn tot sag gooi n kwart koppie suiker by voeg
Dan die mayonnaise by en laaste die kondensmelk
Voeg nou die aartappels by kook effens en bottel warm.
Ek vind as ek die aartappels eers skil dan kook behou dit hitte en bottel suksesvol

Ja water AF. Kook die uie mengsel in n ander pot voeg laaste aartappels by
**Baie Dankie Beulagh>Helena






Marinda Cilliers Nel
My ingelegde aartappelslaai











   




Liana Barnard Claassen















Links Pastaslaai en regs die befaamde Aartappelslaai
.*6/6/13


 



ROMERIGE KERRIE AARTAPPELS

13/4/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/aartappelslaai-gebottel.html
3kg blokkies aartappels(gaar)
500g gevriesde ertjies
4gekerfde uie

Sous
5k asyn
5k suiker
2k water
n Halwe k gouestroop
3t fyn gemmer
6t Kerrie
3t borrie
1k tamatie puree
3 t braaivleis speserye
1t rissiepoeier
3t sout

Kook tot suiker opgelos voeg uie en ertjies by verdik met maizena voeg 1 bottel mayonnaise by kook deur voeg gaar aartappelblokkies by bottel
Bottel kokend.**Resep: Beulagh Lombard**B/Bere*

No comments:

Post a Comment