Friday, 19 April 2013

KARRINGMELKPOEDINGS



7 DE LAAN KARRINGMELKPOEDING
lewer 8 porsie
250 ml (1 k) bruismeel
knippie sout
20ml (4 teelepel) botter
250 ml (1 k) suiker
1 liter (4 k) karringmelk
groenvyekonfyt vir opdiening
metode:
voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n diep oondvaste bak van sowat 21 x 30cm. of maak 9 individuele porsie in koppies of bakkies.
sif die meel en sout saam in 'n mengbak. klits die botter en suiker saam en voeg die eiers by. klits goed en klits die karringmelk by
voeg die kaaringmelk menssel by die meel en klits tot glad. giet in die voorbereide bak en bak 50 tot 60 minute lank of tot gestol en bruin bo-op.
sit luwarm voor met groenvyekonfyt, of maak soos ek met die meintjies-manne gemaak het toe ek dit vir hulle saam voorgesit het, en vervang die groenvyekonfyt met vanieljeroomys en die leeublikkie se stroop.* Wynand Myburgh* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/brandewyn-karringmelkpoeding.html




BRANDEWYN KARRINGMELKPOEDING
POEDING:

 125g marg
200ml suiker
2 eiers
250ml br/meel
1ml sout
500ml karringmelk
250ml melk 

SOUS:
70ml water
70ml brandewyn
100ml suiker&1ml sout
Verhit oond 160g.
Smeer bak.
Verroom marg&suiker,voeg eiers een-een by,klits goed.
Meng karringm&melk.
Voeg om die beurt droe best&melkmeng by marg.meng.
Giet in pan,bak 45min tot gaar.Verhit sous best,totdat suiker opgelos is, gooi oor poeding.*

Moira Botha Dyer> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/brandewyn-karringmelkpoeding.html




KARRINGMELK POEDING

1 koppie suiker
4 eetlepels botter
3 eiers goed geklop
1 koppie bruismeel
3 koppies karringmelk (500ml karton)
1 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1. Room botter en suiker goed tot lig en donsig. Klop eiers deeglik en voeg by.
2. Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer in mengsel. Roer karringmelk en melk geleidelik by.
3. Gooi slap mengsel in gesmeerde bakskottel / bak. Bak 1 uur in 'n mattige oond, vooraf verhit tot 180°C.
As poeding so 3/4 gaar is, gooi klein bolletjies botter bo op. Dit smelt dan oor die poeding en gee baie lekker smaak
Nicoline Havenga-Cornelissen* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/brandewyn-karringmelkpoeding.html

No comments:

Post a Comment