Saturday 27 April 2013

BROCCOLI HOENDER GEREGTE



PASTA MET GEROOKTE HOENDER EN BROCCOLI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/broccoli-hoender-geregte.html


*Idees*
300 g rigatoni-pasta
’n klein kop broccoli, in boompies opgebreek
80 ml botter
80 ml koekmeel
650 ml melk
100 g cheddar, gerasper
2 gerookte hoenderborsfilette, opgesny
10 pikantrissies, middeldeur gesny
60 ml vars witbroodkrummels
vars basilie vir garnering
1 Kook die pasta in ’n kastrol met gesoute kookwater en gooi die broccoli-boompies ná vyf minute by. Kook vir nog twee tot drie minute tot die pasta al dente is en dreineer dan.
2 Verhit intussen die botter in ’n kastrol. Roer die meel by. Voeg die melk bietjies-bietjies by en roer heeltyd tot verdik. Roer die helfte van die kaas by en geur na smaak.
3 Gooi oor die pasta en broccoli. Voeg die hoender en pikantrissies by. Skep in ’n oondbak. Strooi die krummels en orige kaas oor. Sit onder die warm element en rooster tot die bolaag bros is. Garneer met basilie en sit voor.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*







WINBURG SE HOENDERWENNER
RSG SE

BROCOLLI HOENDER


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/broccoli-hoender-geregte.html
1 hoender
1½ liter water
½ koppie Worcestersous
½ koppie asyn
hoenderspeserye
sout en peper
2 koppies gaar rys
1 vars kop broccoli
1 x 410g blik fyn pynappel, met sap
1 pakkie bruin/wit uie soppoeier
1 koppie hoenderaftreksel
½ liter melk
1 koppie gerasperde kaas
paprika

Kook hoender gaar in kastrol met die water, Worcestersous, asyn en speserye.
Haal hoender uit kastrol en verwyder die bene.
Breek die broccoli blommetjies af en kook vir 5 minute in die orige hoenderaftreksel in kastrol.
Sit rys onder in 'n vuurvaste bak, bedek met hoenderstukkies en dan die broccoli.
Verhit pynappel in kastrol met 'n koppie hoenderaftreksel, melk en uie soppoeier.
Laat dit prut tot dit dikker word.
Voeg oor hoender.
Strooi kaas oor en 'n bietjie paprika.
Bak teen 180 grade vir 30 minute. 

Dalene Brits*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



HOENDER BROCOLLI RESEP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/broccoli-hoender-geregte.html
1 Gaar Hoender Ontbeen.
1 Pakkie Gaar Brocolli.
1 Koppie Mayo.
1 Pakkie Sampioen Sop.
2 Koppies Melk.
¼ Koppie Suurlemoensap.
1 Teelepel Kerriepoeier
Metode:
Meng Alles. Bedek Met 'N Mengsel Van Broodkrummels En Kaas. (Genoeg Om Oppervlakte Toe Te Maak). Bak 40 Min @ 180c
Nota: In Plaas Van ' N Pakkie Sampioensop En 2 Koppies Melk, Gebruik Ek 'N Blikkie Dennie Sampioensop En 1 Koppie Melk.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Broccoli Hoender

500g bevrore/vars gaar broccoli
250ml mayonnaise
1t Kerrie poeier(opsioneel)
1 blik room van sampioensop
halwe suurlemoen se sap
60g botter
75g broodkrummels
250g cheddarkaas, grof gerasper
Metode
Ontbeen hoender en sny in blokkies. Pak in skottel. Pak broccoli bo op hoender.
Maak 'n sous van mayonnaise(,kerrie),suurlemoensap en gooi oor die hoender. Smelt botter en roer krummels en kaas in. Gooi bo-oor gereg.
Bak by 180 °C tot goudbruin.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment