Friday, 26 April 2013
DADELBROOD IN JOU MIKROGOLF OOND
DADELBROOD:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/dadelbrood-in-jou-mikrogolf-oond.html
Leer Kook Met Jou Mikrogolf
30ml Botter of margarien
1 Eier
250g Dadels
250ml Bruinsuiker
500ml Bruismeel
5ml Koeksoda
250ml Water
Sout
Kook dadels in ‘n groot mengbak vir 5-minute op hoog (nie nodig om te sny nie),margarien en water, roer na 2-minute.
Voeg koeksoda by (sal skuim).
Laat mengsel staan, min of meer 2-minute om af te koel.
Voeg die geklitste eier by en roer deur, voeg die gesifte meel en sout by.
Gebruik ‘n broodpannetjie (glas) of plastiese houer van ongeveer 10 X 18cm en smeer of voer uit met kombuispapier.
Mikrogolf ongeveer 7-8 minute op medium hoog, toets na 6 minute.
WENK:
Voeg gekapte grondboontjie of okkerneute by so ½ kop.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment