Monday 29 April 2013

DADELPOEDINGS

     


OUTYDSE DADELPOEDING

Lolla Van Wyk
3 k meelblom
1 k Suiker
375 g dadels
2 e appelkooskonfyt
2 e asyn
1/4 tl sout
250 g botter
2 tl koeksoda
1/4 k warm melk
Room botter en suiker goed en voeg die dadels by.
Los koeksoda op in die melk en voeg die stroop en asyn by
Voeg by die botter mengsel
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel
Voeg die appelkooskonfyt by
Skep die mengsel in n gesmeerde vorm of n klam doek met meel bestrooi en bind die doek toe, maar laat genoeg ruimte vir die poeding om te rys.
Laat oornag staan.
Plaas die doek of vorm met n deksel op in kookwater en stoom vir 3 uur lank
Bedien met wynsous of karamelsous.

DADELKLUITJIE POEDING


Lolla Van Wyk

STROOP:
500 ml suiker
1 liter water
30 ml (2 eetlepels botter)
30 ml (2 eetlepels goue stroop)
2 ml (halwe teelepel) sout
KLUITJIES:
500 ml koekmeelblom
15 ml (1 eetlepel) koeksoda
2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel
30 ml (2 eetlepels) botter
125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels
250 ml (1 koppie) melk
Meng al die bestanddele vir die stroop saam in 'n stoompot. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Kook dan vyf minute lank.
Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel saam. Vryf botter in en voeg die dadels by. Meng goed deur. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.
Laat stroop weer kook en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in die kokende stroop.
Verlaag hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor) en prut 20 minute lank.
Moenie die deksel oplig nie.
Dien op saam met vla, room or roomys.Genoeg vir 6-8 mense 29/4/13 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/dadelpoedings.html

Dadelpoeding met gemmerstroop:

Stroop:
1.4liter water
750ml suiker
5ml fyn gemmer
Beslag:
200g botter
45ml gouestroop
15ml koeksoda
250ml warm melk
250ml gesniperde dadels
750ml koekmeel
2ml fyn gemmer

Voorverhit die oond tot 160 grade C en smeer 'n diep oondskottel met styfpassende deksel goed met botter. Verhit die bestandele vir die stroop oor lae hitte tot die suiker gesmelt het. Verhit tot kook-punt en kook vinnig vir 7min. Terwyl die stroop kook, maak die beslag: Smelt die botter en gouestroop saam. Verwyder van die hitte. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit by die botter-mengsel saam met die dadels. Laat staan vir 5min. Meng die koek-meel en gemmer in 'n bak en voeg die dadelmengsel by. Maak aan tot 'n stywe deeg. Giet die stroop in die oondskottel en skep die deeg lepelsvol daarin. Maak dig toe en bak vir 1 uur tot gaar. Sit voor met roomys of vla. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/dadelpoedings.html


No comments:

Post a Comment