Saturday 27 April 2013

EIERVRUG / EGGPLANT




EIERVRUG-PIEKEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html
2 groot eiervrugte, in ringe gesny
2 brandrissies, oopgesny, pitte behou
1 klein ui, in stukke gesny
½ groen soetrissie, in stukke gesny
½ rooi soetrissie, in stukke gesny
2 heel knoffelhuisies (skil verwyder)
’n paar klein kersietamaties (opsioneel)
20 ml sout
15 ml vissous
3 lourierblare
heel peperkorrels
heel wonderpeper
125 ml wit- of bruinasyn
olyfolie
METODE:
Pak die groente en geurmiddels in ’n skoon glasfles en gooi die asyn by. Plaas fles in ’n kastrol halfpad vol warm water. Die asyn moet die piekels heeltemal bedek. Laat kook sonder deksel vir sowat 10 minute. Om te verseël, vul vloeistof aan indien nodig tot net by die rand en gooi ’n doppie olyfolie by. Maak toe met deksel. Hou die fles onder ’n lopende kouewater-kraan (die koue water laat die deksel behoorlik seël.) Laat staan vir 6 weke in ’n koel plek voor gebruik.
Wenk
Gebruik net jong, gesonde groente vir ’n lekker bros piekel. Witasyn gee ’n mooi helder piekel, terwyl bruinasyn ’n beter smaak gee. Die piekel moenie in aanraking kom met metaal terwyl dit kook nie.
Sarie Kos" Helena Kruger"*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Gestraand Zacusca gebottel. My man is van Romania. Hulle le dit in vir die winter maande. Is eiervrug, red peppers kan ook geel gebruik en uie.
Dis heerlik.. saam vars gebakte brood.

ZACUSCA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html
3.7 kg eiervrug
3 kg red peppers
1 kg uie
10 ml sout
3 ml peper
500 ml tomato paste.
500ml olie.
Metode.
Oor kole ( of in oond onder grill) braai eiervrug en peppers tot die vel swart is. Nie brand nie..
Skil dadelik af. Kan onder lopende water skil..
Puree die groente apart. En hou in aparte bakke.
Braai uie op lae hitte vi 4 min.
Voeg nou die groente saam uie. Ook die peper en sout..
Gooi olie en tomato past in..
Kook dit stadig vir 2 ure. Of tot alles lekker sag is.
Bottel soos gewoonweg..
Roer dit wanneer dit oolgemaak word. Olie stoot gewoonlik op
*Keiley-lizelle Minea.*BOTTEL-EN-BERE


                                                                Foto>Delicooks*
           


EIERVRUG BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html
Connie van der Merwe
Eiervrug Blatjang(baie lekker)
3 groot eiervrug geskil in skywe gesny, sprinkel sout oor en laat le vir n half uur lank, spoel af en sny in blokkies,
1 greenpepper - gesny in blokkies
6 med uie - in blokkies gesny
6 tamaties - geskil en in blokkies gesny!
Braai eiervrug, greenpeper,uie en tamaties in 1 koppie olie
Voeg by
 4 Koppies suiker
3 koppies wit asyn
30 ml med kerrie
15 ml borrie
5ml sout
5ml peper
5 ml fyn gemmer
Prit vir 20min, dan vat jy 25ml hoogvol mazina
Meng met bietjie asyn en prit nog 5min lank. En bottel!!27/5/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



ONGEKOOKTE EIERVRUGBLATJANG
1 eiervrug van nagenoeg 500g
1 middelslag ui
3 knoffelhuisies
1 groen brandrissie
30ml olyfolie
125ml fyngekapte pietersielie
50ml suurlemoensap
2ml sout
Knippie rissiepeper
METODE:
Prik die eiervrug met ‘n toetspen. Plaas dit op ‘n bakplaat en rooster dit nagenoeg 45min lank 10cm onderkant ‘n warm rooster element in die oond totdat die skil verkool is, draai die eiervrug dikwels om. Laat dit afkoel. Skep die vleis uit en gooi die skil weg. Skil die ui en knoffel en kap dit op. Ontpit die brandrissie, soteer die ui, knoffel en rissie in die olyfolie totdat die ui sag is en roer die mengsel gereeld. Verpulp die uiemengsel en eiervrug saam met die pietesielie en suurlemoensap in ‘n voedelverwerker. Roer die sout en rissiepeper by. Skep die blatjang in ‘n ditge houer en bewaar dit in die koelkas.
*Lekker vir later* *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
EIERVRUG IN KNOFFELOLIE 
Soek eiervrug sorgvuldig uit, as hulle te groot en oud is, is hulle smaakloos. Gebruik die jongeres wat stewig, sappig en jeugdig-windmakerig is.
6 knoffelhuisies
750ml olyf- of sonneblomolie
6 groot eiervrugte
Sout
750ml wit asyn
375ml water
METODE:
Skil en kneus die knoffel, voeg dit by die olyfolie en laat dit 2 dae lank trek. Skud dit kort-kort. Sy die eiervrug met skil en al in 1.5cm dik skywe op. Bestrooi dit kwistig met sout en laat dit 3-4 ure lank vog onttrek om die bitter smaak te temper. Spoel die skywe af en druk dit met papierhanddoek droog. Verhit die asyn en water tot kookpunt. Kook ‘n klompie eiervrugskywe op ‘n keer ongeveer 3 min lank daarin net tot sag, maar nie pap nie. Skep die skywe versigtig met ‘n dreineerspaan uit. Pak die warm skywe in lae in warm, gesteriliseerde inmakflesse en skep ‘n bietjie knoffelolie oor elke laag. Verseël die flesse en laat dit ‘n paar weke staan voor gebruik.*Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html


EIERVRUGSUURTJIES 
Sny ‘n jong vars eiervrug oorlangs in 1.5cm dik skywe op, bestryk dit met sonneblomolie en rooster dit aan weerskante in die oond tot sag en lig bruin. Sout en peper die skywe en hou dit warm. Meng die volgende bestandele vir die marinade:
60ml wit wynasyn
50ml olyfolie
15ml heuning
15ml fyngekapte vars pietersielie
15ml fyngekapte vars basiliekruid
5ml fyngekapte vars kruisement
5ml wit suiker
METODE:
Plaas die eiervrugskywe in lae in ‘n diep bak en giet ‘n bietjie van die marinade oor elke laag. Bedek die bak, laat die inhoud afkoel en bewaar in die koelkas.
*Lekker vir later
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html


EIERVRUG EN SOETRISSIE BLATJANG 
2 kg eiervrugte
30ml sout
3 middelslag uie
2 middelslag soetrissies
2 klein vars brandrissies
4 knoffelhuisies
875ml wit asyn
30g karamelsuiker
75g pitlose rosyne
5ml gemaalde gemmer
5ml gemaalde wonderpeper
METODE:
Sny die eiervrug in klein blokkies. Plaas in vergiettes en strooi sout oor Bedek die blokkies met vadoek en laat 4 uur lank vog trek. Spoel daarna onder lopende koue water af en druk droog met papier handdoek. Skil die uie en kap fyn. Halveer en ontpit soet- en brandrissies en kap op. Skil en kneus die knoffelhuisies. Verhit die eiervrugblokkies, uie, soet- en brand rissie saam met die res van die bestandele oor matige hitte tot kookpunt, roer aan die begin tot die suiker opgelos is. Verminder die hitte en prut die mengsel ongeveer 40min tot dik. Skep die warm blatjang in warm voorbereide inmaakflesse en verseel dadelik. Bewaar minstens 1 maand op koel donker plek om ryp te word.*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html



INGELEGDE EIERVRUG
Ingelegte melanzane soos volg:
Sny eiervrug in die lengte. Laat lê met sout om te sweet vir ´n paar uur. Vee of was die ergste sout af. Kook vir ´n paar minute tot sag (nie te sag nie) in helfte water en helfte asyn. Lê in met olyfolie, kruie (origanum en roosmaryn of wat ook al jy verkies), knoffel en rissie vir die bietjie byt. 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html 



EIERVRUG CHUTNEY.
6 uie
6 tamaties
1 groenrissie
5ml sout
250ml olie
4 kop suiker
750ml asyn
30ml kerrie
15ml Borrie
45 ml mazena
Skil en sny eiervrug in blokkies. Besprinkel met sout,laat staan 30min.Spoel af.Braai uie,tamatie en soetrissie tot sag.gooi eiervrug by.Voeg suiker,en res van bestanddele by.Kook tot eiervrug sag en amper weggekook is en dik en geurig is.Bottel warm.
 Kim Ueckermann  Very easy to make, and it is delicious. I've made this a few times already.

Dalene Brits Ek eet dit sommer by myself op. Mens kan dit bottel en lank bere.
EIERVRUG ATJAR

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/eiervrug-eggplant.html
3 Groot Uie, fyngesny

4 Huisies Knoffel
4 Groot Tamaties
1 bottel Kookolie
Braai saam en voeg by:
2 eetl Kerrie
2 eetl Piekel Masala
Braai goed en voeg by:
10 eetl Suiker
1 eetl Sout
2 k Druiwe Asyn
Kook deur en voeg by:
1,35kg Eiervrug, ongeskil en in blokkies gesny. Kook goed deur maar nie te lank nie.
Bottel warm.**Dalene Brits *12/03/2016

No comments:

Post a Comment