Saturday 27 April 2013

SOETLEMOENKONFYT




SOET LEMOENKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/soetlemoenkonfyt.html
Maré Nieuwoudt

As jy nie van marmelade hou nie weens die bitter smaak, sal hierdie konfyt definitief
byval vind. BESTANDDELE:
4 groot lemoene
2,5 liter water

12 x 250 ml witsuiker

METODE:

Was die lemoene, sny in kwarte en maal of verwerk met skil en al tot glad.
Verhit water en suiker saam oor lae hitte tot suiker gesmelt is.
Voeg die gemaalde lemoene by en verhit tot kookpunt.
Kook 1 ½-2 uur vinnig tot dit stol as dit op n koue piering geskep word
Giet warm in gesteriliseerde bottels of flessies en seël. (Die konfyt sal loperig wees as dit warm is, maar stol sodra dit koud word.) .
Geniet op roosterbrood. Lewer 1,5 liter konfyt.

WENK: Vir n lekker variasie, voeg 60 ml gekapte, ingelegde gemmer by voor dit gekook word. HUISGENOOT WEN-RESEPTE 20 JUNIE 2002*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment