Thursday 11 April 2013

HAM EN KAAS PASTEI / HAM AND CHEES PIE

HAM EN KAAS PASTEIE
Pastei deeg
DEEG
 4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
 Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg. Rol DUN uit !!!

Vulsel:
Neem stuk ham en sny in klein blokkies. Ek het so 3 repies rou spek in stukkies gesnipper en ook so ‘n kwart ui – fyn gekap.
 Maak nou ‘n DIK kaassous. Die sous moet nie.... loperig wees nie anders bak dit uit die pastei uit. Ek maak so:
Het 1 en half koppie koue melk in houer gegooi, so
2 hoog opgehoopte eetlepels meel ingegooi en met my whisk gemeng. Mikrogolf vir so 5 min. Whisk gereeld om klonte te voorkom. Jy gaan nou sien dit is so dik taai mengsel.
Rasper klomp kaas in (ek het nie die kaas verder gesmelt nie, dit was nog stukkies kaas – roer die kaas net deur)
sout en peper en so
1tl botter.
Voeg die ham mengsel in en roer deur. Rol deeg uit, sit mengsel op eenkant van die deeg, sprinkle bietjie spruit uie oor, rol toe, seel kante en smeer mayonnaise oor. Ek het so bietjie pietersielie oorgesprinkel vir versiering. Bak in voorverhitte oond vir so 40 na 45 min tot goudbruin.
Geplaas deur: Pierriette van der Walt 
Lekker resepte vir die jongergeslag



HAM EN KAAS PASTEI
Marlize Joubert
Neem 8 snye brood, 1 koppie melk, 1 koppie gerasperde kaas, 4 eiers, dan kan jy enige iets by sit. Meng alles en bak vir 20 tot 30 min op 180

Belinda Ann Botes Oosthuizen
Ham and Cheese Wheels ~ Enterprise.
1 roll ready-made puff pastry
8 slices Enterprise Shaved Smoked Ham
8 slices cheese
Marmite
Preheat oven to 200ºC.
Defrost the pastry and unroll.
Place slices of ham side by side over the width of the pastry, leaving 1 cm open on both sides of the pastry.
Dot the ham with Marmite. Top with cheese slices.
Roll up the pastry and place in fridge for at least 30 minutes.
Cut the roll into 1 cm slices and place on a greased baking...

Belinda Ann Botes Oosthuizen
Ham en Kaas Lorrie Wiele ~ Ray Dylan.
Bestandele
1 Rol Skilferdeeg (400g)
150g Gesnyde Ham
250g Gerasperde Kaas
Speserye van eie keuse
Metode
1. Verhit oond vooraf to 160 grade Celsius
2. Strooi Speserye oor werksoppervlak. Rol skilferdeeg oop bo-oor speserye op werksoppervlak.
3.. Pak die ham bo-op die deeg totdat deeg heeltemal bedek is. Voeg nou die kaas oor en versprei eweredig. Rol deeg nou styf toe.
4. Rol toe in foelie en plaas in vrieskas vir ongeveer 1 uur.
5. Sny deeg nou in skywe van ongeveer 15mm dik sodat dit in die vorm van ‘n wiel is.
6. Plaas wiele nou op voorbereide abakplaat en plaas in oond vir ongeveer 20 tot 30 minute. 7. Bedien die wiele met soetrissiesous.

Belinda Ann Botes Oosthuizen
Hamvulsel
200g ham of brosgebraaide
spekvleis, in repies gesny.
100g Cheddar kaas, gerasper (250ml)
varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas ham en kaas in lae op gebakte skilferkors. Geur met
swartpeper. Plaas ander deeglaag bo-op. Verhit by 200°C vir 3-5min of tot kaas gesmelt is.
Wenk
Klaarbereide, gekoopte skilferdeeg is vinnig en gerieflik om te gebruik. Vir 'n ryker eindproduk kan100g botter oor die deeg gerasper word.Vou die deeg soos 'n koevert toe en rol weer uit *11/4/13

No comments:

Post a Comment