Thursday 11 April 2013

KITS CROISSANTS



Petra Mienie

KITS CROISSANTS
900 ml Meelblom
25 ml Bakpoeier
2 ml Sout
125 gr Botter
250gr Gerasperde kaas
300 ml Melk
Sif droe bestandele saam. Vryf botter met vingerpunte in tot krummelrig.
Roer kaas by. Maak aan met melk tot lekker stywe deeg.
Deel deeg in 4 ewe groot balle en rol elkeen afsonderlik uit in sirkel.
Sny soos pizza skywe en rol elke skyf op van buite na binne dat die skerp punt aan die buite kant sit. Verf geklitste eier met bietjie melk gemeng oor. Bak in voorverhitte oond 200 grade vir 15 min tot goudbruin.n.s Dankie, sit soms Bacon of Ham in die middel met n stuk kaas maar het dit nie vandag gedoen nie. Selfs gerookte worsies is lekker daarin toe gedraai
.11/4/13

1 comment:

  1. Baie mooi Petra**

    Tracy Gorman
    Also if you take 2 blocks of chocolate and put that in the centre, lekker chocolate croissant.***

    ReplyDelete