Wednesday 24 April 2013

HEMELSE STEAK


HEMELSE STEAK
1kg tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in 'n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe metdeksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade.
Geniet! Kosmater
*Henriette Wessels Ek het hom toevallig verlede naweek gemaak - ryk maar baie lekker!24/4/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hemelse-steak.html


Wilna Dorfling

My Hemelse Steak, sommer artappel en groente bygevoeg , was heerlik !28/5/13


No comments:

Post a Comment