Wednesday 24 April 2013

BILTONGPOT




TOKS’S BILTONGPOT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/biltongpot.html
Toks van der Linde, oud-springbok en sportkommentator het hierdie pot vir Pasella voorberei. Dis sy gunstelingresep.
(Bedien 10)
3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny
1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720g gekerfde beesbiltong
250g gerasperde kaas
Maak 'n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie. Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by. Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute.



BILTONGPOT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/biltongpot.html

Rene Truter Wessels
Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of 'n maat afpers!
Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm,
maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in 'n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis 'n kuierpot, nie 'n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so 'n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!
-Boerekos..*

Francis le Roux
BILTONG POTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/biltongpot.html

1pak noedels
1kg biltong
900gr kaas gerasper
3 - 4 groot uie
3 pakke mushrooms
+- 750 ml room
Kook noedels gaar en hou eenkant
Braai uie en mushrooms en spice
Pak jou potjie met laag noedels uiemengsel en biltong.Gooi laag kaas oor. Hou so aan tot laaste laag kaas is.
Gooi room oor.
Sit op gasbraai en laat dit stadig warm word.
Glo my dit is finger licking lekker 
.

No comments:

Post a Comment