Wednesday 24 April 2013

ROOMYS POEDING




ROOMYS-POEDING

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/roomys-poeding.html

1 bak Vanilla roomys (nie hard gevries nie)

1 Pak Romany Creams (fyngemaak in voedselverwerker
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Peppermint Crisp Sjokolade (fyngemaak in voedselverwerker)
Roer alles bymekaar skep in gespuite ring vorm en vries weer
Wenk: Hierdie gereg moet 'n dag voor die tyd gemaak word anders is hy nie behoorlik gevries nie!
Bron: Elvis Blue
Foto en aanpassing: Henriette Wessels
n.s>>Ek het hierdie roomys nagereg gemeng en in die ringpan (silikoon) gesit en dit stol pragtig en is heerlik HEERLIK!
Ek het Peppermint Crisp bygesit wat nie in die oorspronklike resep is nie en dit maak hom regtig nog lekkerder (fyngeslaan in voedselverwerker)




Janine Dry
Henriette Wessels dit was heerlik!Tot die wat nie nagereg eet nie het geproe en gedink dis heerlik..
Lauraine Swanepoel
ROOMYS KOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/roomys-poeding.html
2 liter roomys saggemaak - roer 1 blik karamel kondensmelk by - spuit broodpan met Spray and Cook - voer uit met bakpapier of waspapier - maak 1 of meer pakkies romany creams grof fyn sit onder in pan (net tot bodem bedek is) smeer helfte van roomys me
t kondensmelk oor - strooi nog krummels oor (resep se ook neutsjokolade gesmelt met room maar ek gaan sommer flake sjokolade oor strooi) dan weer ander helfte van roomys en dan weer krummels of sjokolade en vries - as jy opdien lig roomys uit broodpan met die waspapier en sny skywe -
hoop jy kom reg!19/11/2015



Roomyskoek


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/roomys-poeding.html
Huisgenoot

Dit lyk baie deftig, maar is baie maklik om te maak. Beïndruk jou vriende en familie op ’n volgende byeenkoms.


Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Vries: 4½ uur

1 L (4 k) vanieljeroomys, versag
300 g sjokolade-Whispers, plus ekstra vir voorsit
150 g sjokoladekoekies
80 g botter, gesmelt
100 g donker sjokolade
200 ml room, geklop

Skep die roomys in ’n broodpan met ’n diepte van 6 cm en maak die oppervlak glad.

Druk ’n enkellaag styf gepakte Whispers bo in. Vries 2 uur of tot ferm.
Maak die sjokoladekoekies fyn. Meng goed met die gesmelte botter. Druk oor die Whispers en vries 2 uur om te set.
Doop die bodem van die pan 2 sek. in warm water. Keer die koek op ’n plat bord of plank uit. Vries 30 min. of tot ferm.
Plaas die donker sjokolade en geklopte room in ’n hittebestande glasbak. Verhit op volle krag in die mikrogolf terwyl jy elke minuut roer tot gesmelt.
Laat effens afkoel. Bedruip oor die koek. Bedek met ekstra Whispers**
Ronel Claassens *19/11/2015

No comments:

Post a Comment