Saturday 27 April 2013

HOENDER KERRIE GEREGTE



                                                          <Foto>Helena Kruger<

HOENDER KERRIE
Hannalie Kitshoff
4 Hoenderborsies
3 groot aartappels
2 geelwortels
1 groot ui
1 piesang
1 granny smith appel
Knoffel
Sout
Peper
Gemengde kruie
Maizena
Blatjang
Kerrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Borrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Metode:
Kook die hoender in ± 1½ koppies water, voeg sout, peper, knoffel en gemengde kruie by.
Kook tot sag. Haal vleis uit en laat eenkant om effens aft e koel. Sny op in stukkies.
Sny aartappels in blokkies en die wortel in skyfies en kook tot sag in vleiswater.
Intussen braai gekerfte ui in bietjie olyfolie tot glaserig, voeg gerasperde appel en gesnipperde piesang by.
Voeg nou die Kerrie- en borriepoeier by en braai vir 2-3 min. Voeg nou die hoender en uiemengsel by die saggekookte groente en meng deur. Indien water min is voeg nog by. Voeg nog geurmiddels en blatjang by na smaak. Meng ongeveer 2 teelepels Maizena met ‘n bietjie melk (¼ k)en voeg by kerriepot om te verdik. Kook goed deur tot lekker sous gevorm het. Bedien op bruinrys met gestoofde vrugte.*29/4/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoender-kerrie-geregte.html



Elize se ongelooflike lekker hoenderkerrie
[RSG RESEPTE]
Metode
Bedien 6 mense
1 middelslag hoender
3 uie
1 t botter of olie
3 gerasperde Granny Smith appels
½ koppie sultanas
1 eetl Cartwrights kerrie
1 t borrie
3 blokkies hoenderekstrak
1 suurlemoen
2 eetl appelkooskonfyt
3 t maizena
SO MAAK JY:
Kook 1 hoender stadig tot gaar in 1 liter water met sout en peper. Ontbeen en hou saam met vloeistof eenkant.
Braai in botter: 3 groot uie opgesny tot deurskynend maar nie bruin nie.
Voeg dan 3 appels by uie plus die halwe koppie sultanas. Braai so 5min.
Voeg nou 1 eetl Cartwrights kerriepoeier by plus 1 teelepel borrie. Meng goed deur.
Bedek met kookwater, net genoeg sodat mengsel net toe is met water.
Kook vir 5 min.
Voeg nou hoender met vloeistof waarin gekook is by kerriemengsel.
Voeg 3 hoenderekstrak blokkies by en kook stadig vir omtrent 20min.
Voeg sap van 1 suurlemoen by asook 2 eetl appelkooskonfyt en kook nog 5 min.
Meng 3 teelepels maizena met bietjie water en voeg by hoender en kook nog so 5min.
Bedien met rys en piesangslaai, HEERLIK! HEERLIK!** Berie Vd Velden Smith
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoender-kerrie-geregte.html


VINNIGE HOENDERKERRIE:
[HUISGENOOT]

Dié geurige kerrie is altyd ’n gunsteling onder al die proeërs in die toetskombuis; ’n mens kan dit met ’n geruste hart aan gaste voorsit.
HOENDER
4-6 ontvelde hoenderborsfilette, in repies
gesny
sojasous
mielieblom gemeng met 1-2 ml borrie
olie en sesamolie
1 houertjie (125 g) sjitake-sampioene, gehalveer
1 houertjie (125 g) baba-mielietjies
helfte van 1 pakkie (250 g) jong groenbone,
geblansjeer
1 pakkie (125 g) broccoli-blommetjies, geblansjeer
KERRIEMENGSEL
125 ml klappermelk
1 pakkie (50 g / 45 ml) tandoori-en-tikkapasta
paar druppels vissous
250 ml natuurlike jogurt
VIR OPDIENING
jasmynrys en sesamolie of sojasous
grondbone om bo-oor te sprinkel
vars koljanderblare vir garnering
HOENDER
Besprinkel die hoenderborsfilette met sojasous en laat ’n paar minute staan. Rol dan in die mielieblommengsel. Braai bietjies-bietjies in verhitte olie tot ligweg bruin en net gaar. Skep uit. Vee die panskraapsels uit die pan. Giet nog olie in die pan en roerbraai die groentes ligweg. KERRIE Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en giet by die
groente in die pan, voeg die hoender by en maak net weer goed warm. Sit voor met jasmynrys (waarby ’n bietjie sesamolie of sojasous gemeng is) en sprinkel grondbone net voor opdiening oor. Rond af met koljanderblare.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoender-kerrie-geregte.html




Loraine Shelley
Ek het in Dubai geleer hoe om rêrige
PAKISTANIESE HOENDER KERRIE
te maak dis heeerlikkk!!
500 g hoender vlerkies
500 g hoender boudtjies
11/2 ui opgesny
2 tamaties opgesny
2 Knoffelhuisies fyngesny
2 tot 3 kleinerige aartapels geskil en deurgesny
1/2 eetlp. curry poeier
1/2 eetlp. Cumin poeier
1/2 eetlp. Ginger poeier
1/2. Eetlp. Balls chutney
1/2 Eetlp Borrie
1 Blokkie hoender stock
Sout + Peper
COCONUT MILK POWDER !!!!! (Is ñ moet)
**Braai jou uie in olie tot gaar of deurskynend, gooi tamaties in saam met knoffel, Laat als lekker braai tot Tamaties sag is.
**Gooi al jou spices in en roer deur vir ñ minuut, gooi dan die hoender en aartappels in en meng deur, dat die hoender lekker gemeng is met die spices.
** Gooi die stock in (wat opgelos het in water) in net totdat die hoender genoeg water het Om in te kook.

** Laat dit stadig kook, sodra die aartappels sag is, gooi 2 opgehoopte coconut milk powder gemeng met 2 eetlp. Mazina ( opgelos in bietjie water), by en Laat hy lekker deur kook op stadige hitte!! Jy kan basmatiese rys saam met dit maak, of wat lekker is Paratas!!!Baie lekker geniet dit!!2/3/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoender-kerrie-geregte.html

No comments:

Post a Comment