Saturday 27 April 2013

PANNEKOEK LASAGNE


PANNEKOEK LASAGNE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/pannekoek-lasagne.html
Ek het pannekoek gebak en dit tussen die lae gepak.
Heel onder pannekoek, dan 'n laag vleis, dan 'n laag witsous en dit weer herhaal.
Voordat ek nog kon vra het manlief die gereg so geprys. (Die manne is mos ons fynproewers, dan nie?) E
k glo nie ek sal weer die moeite doen om lasagne velle tussenin te sit nie. Die lasagne resep is op ons blog, maar ek plaas dit weer.
PANNEKOEK
4 k Water
4 Eiergele
¼ k Asyn
1 k Olie
Klits saam.
4 k Bruismeel
1tlp Sout
Sif saam en vou in by Water mengsel.
4 eierwitte
Klits styf en vou liggies in by die deegmengsel.
Die geheim lê in die eierwitte wat styf geklits word.
As die deeg effens styf lyk na jou sin kan nog 1 koppie water bygevoeg word. 

LASAGNE
500g Maalvleis
1 fyn Knoffelhuisie
300 ml Water
50 ml Olie
1 pk Maggie Tamatiesop
5 ml Gemengde Kruie
Verhit olie en braai maalvleis.
Voeg knoffel, sop, water en kruie by. Laat prut vir 10 min.
Plaas lae vleis en pannekoek in oondbak.
Maak wit
sous en begin met vleissous in bak en pak lae afwisselend. Eindig met witsous en strooi kaas oor. Bak 30 - 40 min by 180 C  27/4/13Geplaas deur: Dalene Brits

No comments:

Post a Comment