Foto>met tamatie skyfies in lae en bo-op>Google
MACARONI EN KAAS
Elaine Hähnel500gr macaroni
1 pak gekapte bacon
1 groot ui
1k kersie tamaties
4 eiers
500gr griekse jogurt
1½ k gerasperde kaas
2t basillie kruid of tiemie
1 blik sweetcorn (opsioneel)
Sout en growwe swartpeper na smaak
Kook die macaroni soos aangedui op pak tot amper sag.
Spoel af in vergietes.
Braai die ui en bacon sag/gaar maar nie uitgedroog.
Sny die kersietamaties in wielietjies.
Voeg nou die bacon, uie, tamaties, 1k kaas, geurmiddels by die macaroni saam in ‘n oondvaste bak.
Klits die 4 eiers, voeg dit by die griekse jogurt.
Gooi die jogurt en eiermengsel oor die macaroni en strooi dan die orige kaas bo-oor.
Bak teen 180 grade totdat die eier-jogurt mengsel gestol het.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mac-en-cheese.html
Foto>Jamie Olivier>
Mac en cheese
Bestanddele:
500g macaroni,
60ml botter,
1 gekap ui,
2.5ml gekap knoffel,
2.5ml droe gemeng kruie,
1 rooi soetrissie ontpit en in blokkies,
250g sampioene in skywe,
75ml koekmeel,
750ml warm melk,
sout, peper,
60ml swart olywe gekap,
375ml gerasper gouda
Metode:
Kook macaroni sag in soutwater en dreineer. Braai uie, knoffel en kruie sag in botter. Voeg meel by. Roer melk stadig by tot n dik sous vorm. Geur met sout en peper. Roer olywe en helfte kaas by. Roer pasta by. Skep in gesmeer oondbak. Strooi res kaas oor. Bak 25min by 180. Porsies 6. Jy kan ook gebraaide stukkies spek of gekrummelde feta bysit.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/mac-en-cheese.html
No comments:
Post a Comment