Thursday 18 April 2013

HOENDERBURGERS











Hoenderburgers

400 g gemaalde hoender
1 klein rooiui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ koppie broodkrummels
3 eetlepels gekapte koljander of basilie
1 lemmetjie se gerasperde skil en die helfte van die sap
2 eetlepels sojasous
1 hand vol gerasperde parmesaankaas (opsioneel)
Meng al die bestanddele saam. Vorm 4 patties en los dit in die yskas vir ’n halfuur.
2. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die patties oor matige hitte vir 4 minute aan elke kant of oor matige kole.
3. Sit dit voor met sagte broodrolletjies, blaarslaai en ’n skeppie fyngekapte pikantrissies.* Aletta Lintvelt

No comments:

Post a Comment