Thursday 18 April 2013

ONTBYT UIT DIE OOND




ONTBYT UIT DIE OOND

12 varkworsies
3 uie, geskil en in wiggies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
30 ml (2 e) olyfolie
‘n paar takkies vars roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
12 bruin sampioene, in kwarte gesny
250 g kersietamaties
60 ml (¼ k) basiliekruidpesto
1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Plaas die worsies en uie in ‘n vlak oondpan en sprinkel die olie en roosmaryn oor. Geur na smaak.
3. Braai dit sowat 30 minute lank en skud die pan elke nou en dan.
4. Voeg die soetrissies, sampioene en tamaties by en braai nog 30 minute of tot die worsies gaar is.
5. Roer die pesto by en geur na smaak.
Bedien met dik skywegebotterde roosterbrood.

Resep oorspronklik gepubliseer in Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ontbyt-uit-die-oond.html 






OOND GEBAKTE OMELET

Klits saam:
4 eiers
250ml melk
Braai saam:
1x uie
1/2 Green pepper
1x blikkie sampioene ( optioneel )
Paar klein kersie tamaties gehalveer ( optioneel )
Enige vleis van jou keuse soos:
Weense worsies , bacon , kaas worsies
Russians, Ham ens.
Voeg sout en peper oor na smaak
Metode:
Plaas die gebraaide bestandele in 'n tertbak
Gooi die eier en melk mengsel oor.
Plaas in oond en bak by 180C vir 25 min
Sprinkel kaas oor sodra dit uitkom. * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ontbyt-uit-die-oond.html

VERANDER NA 'N SOUTTERT
Plaas 4 - 5 snye brood opgebreek in stukkies en week in die geklitse melk en eier mensgel. Meng dan al die bestandele saam in 'n mengbak die eiermengsel , gebraaide bestandele en voeg 1 koppie gerasperde kaas en 10 ml bakpoeier by en bak vir 30 min by 180C.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ontbyt-uit-die-oond.html

No comments:

Post a Comment