Tuesday 30 April 2013

OONDGEBRAAIDE AARTAPPEL VINGERS




OONDGEBRAAIDE AARTAPPEL VINGERS

5 medium aartappels in vingers gesny
(halfveer aartappel in lengte en sny 3-4 vingers uit elke halwe).
Sprinkel met olyfolie en bak in 180 ̊C oond tot amper goudbruin (+/- 30-40 minute).
Verwyder van oond en besprinkel met growwe sout en ‘n knypie gerasperde
suurlemoenskil. Bak nog so ‘n paar minute tot goudbruin. Bron: Chrisna Groenewald vir Pasella Henriette Wessels


Uie Tooisel
2 meduim uie in dun skyfies gesny
1 eetlepel bruismeel
Genoeg olie vir diepbraai
Druk skyfies in ringetjies, voeg bruismeel by en braai tot goudbruin in diep olie.
Hierdie stap kan vroeër in die dag gedoen word maar wees net bitter versigtig aangesien die uie gou te donker word.
Sprinkel met ‘n bietjie sout terwyl dit nog warm is.


Bron: Chrisna Groenewald vir Pasella

No comments:

Post a Comment