Tuesday 30 April 2013

SAGTE OOND GEDROOGDE TAMATIES





SAGTE OOND GEDROOGDE TAMATIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sagte-oond-gedroogde-tamaties.html
Heerlik is in slaaie en op ‘n tapasbord met kaas, olywe en vars brood!
(Maak 2 x 250 ml bottels)
groot handvol tiemie
groot handvol roosmaryntakkies
8 tamaties, in die lengte middeldeur gesny olyfolie, growwe sout, varsgemaalde swartpeper, na smaak 8 huisies knoffel, geskil en gehalveer 400 ml olyfolie (ongeveer) Plaas die tiemie en roosmaryn op ‘n bakplaat. Pak die tamaties, gesnyde kant na bo, bo-op die kruie. Sprinkel met olyfolie, sout, peper en knoffel. Droog by 60°C vir ongeveer 6 ure, tot leeragtig. Plaas die sagte gedroogde tamaties in ‘n gesteriliseerde houer en giet genoeg olyfolie daaroor om heeltemal te bedek. Dit sal 3 tot 6 maande in die yskas hou. Bron: Pasella Resepte  30/4/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment