Wednesday 24 April 2013

SAMPIOEN SOP



SAMPIOEN SOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sampioen-sop.html

DEEG
500 ml (2 k) koekmeel
2 ml (½ t) sout
250 g STORK BAKE, in blokkies gesny
80 ml (1⁄3 k) yskoue sodawater
30 ml (2 e) suurlemoensap
SOP
60 ml (4 e) STORK SPREAD
1 UI, fyn gekap
500 g gemengde sampioene, fyn gekap
125 ml (½ k) sjerrie
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) warm hoenderaftreksel
250 ml (1 k) melk
Sout en peper
125 ml (½ k) room
Ekstra 45 ml (3 e) sjerrie
AFRONDING
Geklitste eier
DEEG
Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die Stork Bake by en vryf dit met die vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
Voeg die sodawater en suurlemoensap by en meng dit tot ’n stywe deeg. Draai dit in kleefplastiek toe
En verkoel vir 1 uur in die yskas.
SOP
Verhit die Stork Spread en braai die UI tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar en droog.
Voeg die sjerrie by en laat 2-3 minute prut. Sprinkel die meel oor en laat kook ’n paar sekondes.
Voeg die aftreksel en melk by, bring tot kookpunt, roer en laat 10 minute prut. Laat dit effens afkoel en voeg sout en peper by.
Voeg die room en ekstra sjerrie by en verpulp die sop. Verdeel tussen 8 oondvaste bakkies en laat dit afkoel.
AFRONDING
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit. Sny sirkels uit wat 5 mm wyer as die bakkies is en prik oral met ’n vurk.
Maak ’n gaatjie in die middel van elk waardeur die stoom kan ontsnap. Versier die deeg met die oorskietdeeg.
Verf die eier oor die deeg en verkoel terwyl die oond tot 220 °C verhit word.
Verf die rande van die bakkies met eier en plaas die deegsirkels Bo-op.
Seël die rande met ’n vurk. Bak 10 minute, verlaag die temperatuur tot 160 °C en bak nog 15 minute tot die deeg gaar is.
Genoeg vir 8
Bron: Huisgenoot en Stork Resepte
Plasing: Henriette Wessels

1 comment: