Wednesday 24 April 2013

WENKE VIR GEROESDE KOEKPANNE



WENKE VIR GEROESDE KOEKPANNE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/wenke-vir-geroesde-koekpanne.html

Lesley Pienaar

Probeer Asyn. Smeer oor en laat bietjie staan. Ek waarborg dit nou nie maar ek het al roesmerke op staal so afgekry.

Gillian Logan Bredenhann
Put 1/4 cup of baking soda in a bowl.....add enough peroxide to make a paste. Rub on with fingers or sponge. Cleans EVERYTHING! Stove, oven, pans, stainless steel appliacnces, even the white handles of the refrigerator door.


Dawie Vd Heever
Ons koop by die mal winkeltjie n skuurdertjie wat van stainless steel gemaak word.Daai skuurdertjie is fantasties.Hy skuur vreeslik mooi sonder om te krap.Jy moet sien hoe blink ons aluminium braaipan.Ek verdra mos nie n braaipan wat aangepak is nie.n Kastrol waarin jy chips bak is mos lief om sulke bruin trane te maak.En hy was dit nie sommer af nie.Nee wat daai skuurdertjie en n bietjie elbowghries speel maar gou met hulle.Ek het al gesien dat Pep hulle ook verkoop.

Lynne Taljaard
Dawie ek gebruik Goldilocks en my braaipan wat 37 jaar oud is blink soos 'n speel. Verdra ook nie 'n braaipan/pot/pan wat aangepak is nie.

Velma Strydom
Gebruik spray en cook dit werk ek gebruik dit altyd as ek klAar kleinkoekies gebak het en dan was jy dit net voor jy dit gebruik


Cora Swanepoel Munnik
Probeer om dit nie te was nadat jy dit gebruik het nie en was dit dan net voordat jy dit gebruik. hierdie wenk het 'n ou tannie my jare terug gegee. As jy spray en cook spuit en jy gebruik nie die panne gereeld nie is dit geneig om taai te word.


Dalene Brits
As ek my panne klaar gewas het maak ek dit droog en sit dit dan in die warm oond om al die vog wat nog daar mag wees uit te haal. Daarna spuit ek dit met spray and cook. Mens kan nie altyd die panne bere sonder om te was nadat jy dit gebruik het nie, partykeer is dit net te vuil. Ek bly ook by die kus en moes op 'n keer goed skrop om die roes uit te haal toe ek 'n tyd lank nie my panne gebruik het nie. Nou bly dit roesvry.

Amanda van Niekerk
Ek was my panne na gebruik, spuit hulle ook met spray en cook en sit dan n opgevoude bladsy van n koerant op bodem en bere panne opmekaar. Geen roes.

No comments:

Post a Comment