Friday, 19 April 2013

SPEK KRUIE EN KAAS MUFFINS



SPEK,KRUIE EN KAAS MUFFINS
275 g (490 ml) koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml sout
30 ml botter
1 ui, fyngekap
250 g spek, grofgekap
10 ml gemengde
gedroogde kruie
100 g beleë cheddarkaas, gerasper
1 eier
285 ml melk
genoeg vir 6
Verhit oond tot 180 °C.
Sif koekmeel, bakpoeier en soutsaam.
Verhit botter tot warm in middelslag-braaipan. Voeg ui by en roerbraai tot lig en deurskynend, sowat 5 minute.
Voeg spek by en braai verder tot goudbruin en bros, sowat 10 – 12 minute.
Roer gemengde kruie deur. Voeg kaas en spekmengsel by meelmengsel.
Klits eier en melk en roer deur meelmengsel tot goed gemeng.
Spuit 6 oondvaste 250 ml-koppies met kleefwerende kossproei, of gebruik ’n standaardgrootte kolwyntjiepan met 6 holtes.
Verdeel deeg en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar.
Sit louwarm voor.
Bron:Sarie Kos(*Henriette Wessels


No comments:

Post a Comment