Friday 19 April 2013

LENSIESOP



LENSIESOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lensiesop.html
Dalene Brits
Hier is my een gunsteling sop resep. Kan binne 40min gemaak word en regtig vullend
2 deslps Olyfolie
1 Geelui, fyngekap
1 Selderystingel, in dun skywe
1 Wortel, in dun skywe
1 huisie Knoffel
1 Lourierblaar
Braai saam tot sag, ±5 min.
2 tlps Kerriepoeier
Roer in en braai nog 1 minuut.
1 k Organies ‘plum tomatoes’ geblik
1½ k droë rooi of bruin lensies, afgespoel
6k Groenteaftreksel
1 Suurlemoen in skyfies
Bring tot kookpunt oor medium hitte. Verlaag hitte en simmer vir ±30 min of tot sag.
Verwyder suurlemoen en lourierblaar
1k Grofgekapte vars Spinasie
Voor opdiening voeg spinasie by en simmer*19/4/13.



Esau se lensie sop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lensiesop.html
Braai 2 gekapte uie,
2 gekneusde knoffelhuisies en
1 kg bees of lamskenkels totdat die vleis bruin is.
Voeg 500g rooi lensies,
3 cm geskilde gekapte vars gemmer,
2 eetlepels wit asyn,
 2 eetlepels suurlemoensap,
2 liter kookwater (+- 8koppies),
1 teelepel sout en ‘n kwart teelepel kerriepoeier by.
Kook vir +- 2 ure totdat die vleis van die bene afval*Koskenades*

Best ever lentil soup

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lensiesop.html
(The Natural Way)
500g (1 lb) red lentils
5-10 zucchini (baby marrows)
5-10 carrots (depends on their size
1 -2 Tbs Mary-Ann's veg stock
1-2 lites (4-8 cups water)
Rinse the lentils well and place in pot with water and veg stock, boil until lentils are soft. About 15 minutes
Add the carrots and zucchini, simmer until cooked
Dit is 'n baie lekker sop!

Pat Hewson .

Lensie- en preisop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lensiesop.html
* Bronwenbowmer*
Een bossie preie (dis nou ‘leeks’ vir die wat nie weet nie]
Halwe pakkie rooi lensies
Knoffel
1 kleinerige ui
1 blokkie groenteaftreksel (of hoender, nes jy wil. Ek gebruik eintlik Ina Paarman se groenteaftreksel, want dit het minder preserveermiddels as die ander tipes wat mens kry)
Braai die uie, preie, opgekapte wortels en knoffel saam in ‘n groot, swaarboom-pot.
Los die groenteaftreksel in ‘n koppie kookwater op en gooi by.
Gooi ‘n halwe pakkie rooilensies by, meng alles lekker saam en gooi dan nog kookwater by. Hier kan jy jou eie diskresie gebruik: ek hou nogal van lekker dik sop, so ek gooi hom net so dat die lensies toegegooi is. Ek gooi wel gewoonlik later nog so koppie of wat by om te keer dat die sop aanbrand.
Draai die hitte af en laat die sop vir so 20 minute lank prut. Sodra die lensies sag gekook is, kan jy dit fynmaak. Ek het een van daai wonderlike elektriese toestelle wat mens sommer so in die sop-pot indruk, aanskakel en een-twee-drie, jou sop is romerig glad.
Daarsy! Geniet hom!20/7/12*Gerda Gesond*[net]
Helena Kruger .


LENSIE SOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lensiesop.html
1 pond lensies (500ml)
1 lourier blaar
3 wortels in blokkies gesny
2/3 seldery in ringetjies gesny
1 groot ui opgesny
2 koppies tamaties fyn gedruk
klein bietjie olyfolie
Was die lensies en kook sag in so 6 koppies water (omtrent 30 minute). Voeg die groente by, dalk nog water as daar te min is, en kook met die deksel so windskeef op vir nog so 20 minute. Voeg tamaties by en prut totdat lensies doeksag en romerig is. Geur na smaak met sout en/of peper.
Sommige mense hou van so 'n klein bietjie asyn in - proe maar self.  (Familie resep)

Marokkaanse lensiesop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lensiesop.html
Deur Hilda Lategan, SARIE KOS Winter 2009
Sowat 1,25 liter
Porsiegrootte: 250 ml
250 ml (210 g) rooilensies
5 ml olyfolie
1 groot ui, gekap
5 ml gekapte knoffel
5 ml gemaalde koljander
5 ml gemaalde komyn
knippie matige kerriepoeier
1 groot geelwortel, geskil en fyngerasper
1 middelslag-tamatie, ontvel en gekap
1 groot aartappel, geskil en in blokkies gesny
1 liter kookwater
1 groente- of vleis-aftrekselblokkie
25 ml suurlemoensap
varsgemaalde swartpeper
sout na smaak
gekapte, vars pietersielie
Week die lensies 1 uur in kookwater. Dreineer. Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot die ui deurskynend is. Voeg die koljander, komyn en kerriepoeier by gebraaide ui en roerbraai liggies. Voeg die groente en kookwater by die uiemengsel en bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat 1 – 1½ uur prut tot die lensies sag en gaar is. Voeg die aftrekselblokkie, suurlemoensap en swartpeper by. Proe en voeg nog sout by indien verkies. Strooi gekapte, vars pietersielie oor.

Jaco Redelinghuys
Boekuittreksel – Kook vir diabete 



1 comment:

  1. Dit klink so gesond.Ek sal dit waardeer as elke resep laat weet of dit vriesbaar is. Bly gesond eet gesond. Hester Smit

    ReplyDelete