Monday 8 April 2013

VULSELS VIR HOENDER / KALKOEN


KALKOEN



Lu-Anne Pretorius

My heel eerste kalkoen probeerslag ... En al moet ek dit self se: dit het vrek lekker uitgekom en was glad nie droog nie!*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*





Karin Bosman
STOPSEL VIR HOENDER OF KALOEN
Gebruik om die helfte wors en beesmaalvleis. Sit gekapte ui, naeltjies , koljander so 2ml, bietjie neut, sout en peper by. Gebruik vir kalkoen ook maar gebruik old brown sjerrie om in te marineer in yskas. Ek sit gedroogde vrugte ook by maar word gemarineer in die sjerrie vooraf.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

BASIESE BROODVULSEL
600ml sagte broodkrummels
30ml gesmelte botter
1 meduim ui fyn gekap en gesoteer
1 teel sout
1 ml peper
5ml fyn gekapte pietersielie
5ml tiemie
1 eier
Metode:
Meng al die bestandele deeglik, en gebruik om vleis mee op te stop. Bind vas of werk vas en maak gaar soos verlang. Kan vir vleis of pluimvee gebruik word. *Watertand Wenner*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VULSEL VIR DIE STOP VAN 'N HOENDER
• heel hoender
• 15 ml growwe sout
• 1 groot ui, fyngekap
• 5 ml sout
• 10 ml botter
• hand vol fyngekapte pietersielie
• 5 ml witpeper
• 250 ml vars broodkrummels
• 6 gekapte hoenderlewers
• sout en witpeper na smaak
Metode:
Besprinkel die holte met growwe sout en hou eenkant. Braai die ui saam met die sout, botter, pietersielie en witpeper. Meng die uiemengsel met die broodkrummels en die hoenderlewers en stop die hoender daarmee. Bak soos gewoonlik
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment