Monday, 13 May 2013

CHICKEN A LA KING




CHICKEN A LA KING

1 heel hoender
2 uie, gekap
1 groenpeper, gekap
25 ml margarien
100 ml chicken stock
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
700 ml melk
12,5 ml chutney
10 ml brandewyn of sjerrie (ek sit meer by)
Kook hoender tot gaar.
 Hou 100 ml chicken stock eenkant.
Verwyder vel en bene en sny in blokkies.
Gebruik ´n groterige kastrol en braai die uie en groenpeper in die margarien tot sag.
Meng chicken stock met sop, melk en chutney en voeg by die uiemengsel.
Prut ongeveer 10 min tot die mengsel dik en gaar is.
Voeg hoender by en prut ´n paar minute.
Roer die brandewyn / sjerrie by en sit warm voor op rys.* Henriette Wessels*
Foto net*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/chicken-la-king.html

 




Maggie De Castro
Nog voor ek Admin dame geword het het ek hierdie resep eendag afgeskryf en nou eers gemaak. Jammer ek kan nie onthou wie dit was wat dit opgesit het nie.
Glo my, hierdie is BAIE lekker!!
Chicken-A-La-King:
(Kortpad weergawe)
Bestanddele:
Hoender (blokkie of repies) my hoender was 400g maar mens kan seker meer gebruik.
1 Uie fyn gekap
1 Klein green pepper klein gesny
250g Mushrooms, gesny
1 Pak Knorr chicken a la King poeier
400g Melk
250ml Room
Metode:
Braai hoender.
Braai uie, green pepper en mushrooms saam en gooi hoender by.
Meng pakkie poeier met melk en gooi by hoender mengsel roer deur.
Gooi room by en laat prut vir 5 - 10 minute.
En daar's jou Chicken-a-la-king klaar!
Bedien met rys.
Vinnig en lekker romerig! 6/5/2014 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/chicken-la-king.html

 

CHICKEN A LA KING
1 hoender
1 liter witsous
1 pakkie vars sampioene, opgekap
1 groen soetrissie, opgekap
1 teelepel paprika
175ml room
METODE
Kook hoender tot gaar.
Ontbeen en trek die vel af.
Sny in repies.
Braai die soetrissie en sampioene tot amper gaar.
Meng alles.
Plaas in kastrol en prut vir 10 minute.
Bedien op witrys met ertjies.* Henriette Wessels
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/chicken-la-king.html

                                                            Annette Strydom Kolb

No comments:

Post a Comment