DEKADENTE SPONSKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/grootkoeke.html
4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarien
Versiering
390g-blikkie karamelkondensmelk
250 ml room
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray
& Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot
romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in
met 'n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor
kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die
koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die
middel van die koek kom.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat effens afkoel
voordat dit uitgekeer word.
Laat die koek heeltemal koud word
Versiering ;
Roer die karamelkondensmelk goed totdat daar nie meer klonte in is nie. Klits
die room styf. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die een koek, en smeer
egalig. Skep die helfte van die room bo-op die kondensmelk en smeer egalig. Plaas
die tweede koek bo-op dit. Smeer die res van die kondensmelk bo-op die koek. Gebruik
die orige room om roomrosies bo-op die koek te spuit. Frummel die Flake bo-oor
die koek.
Verkoel die koek as dit nie dadelik geëet gaan word nie. Laat so 'n uur
voor opdiening buite die yskas om net na kamertemperatuur terug te keer.
Elize Nel
WARM MELK SPONS KOEK
300ml strooisuiker
500ml meel
15ml bakpoeier
2ml sout
300ml melk
125g botter
5ml vanielje essens
15ml kremetart.
Metode
Klits eiers en suiker tot lig en donsig
Sif meel bakpoeier, sout saam, vou by eier mengsel in moenie klits nie
Verhit melk en botter maar moenie loop nie, roer essence by tot gesmelt
voeg nou by mengsel en vou in!
Gooi in panne en bak op 180c vir 20-25min!
Icing
100g sagte regte botter
500ml versiersuiker 5ml vanieljie essence
20ml melk indien nodig
Klits botter tot sag voeg suiker my en klits tot smeer baar voeg, geursel
by en meng! Versier soos verlang
Elize Nel
BUTTER SPONGE CAKE
1 1/2 Cups Flour
1 1/2 Tsp Baking Powder
5 Eggs
1 1/8 Cup Sugar
2 Tbsp Cold Water
1 Tsp Grated Lemon Rind
1 Tbsp Lemon Juice
1/3 Cup Melted Butter
Preparation:
Sift flour with baking
powder. Beat egg whites until stiff, add sugar gradually, beating until smooth.
Beat egg yolks until thick and light colored; fold into egg whites. Add water,
lemon rind and lemon juice. Fold in flour mixture. Add (cooled) butter. Bake at
325F/160C degrees in slightly greased bundt pan for 45-55 minutes. Cool in pan
10 minutes, invert and cool on wire rack.
Lemon Glaze
Ingredients:
1 Cup sifted powdered sugar
3 Tbsp Lemon Juice
1/4 Tsp Vanilla
Preparation:
Combine ingredients until
icing is smooth and drizzling consistency.
Drizzle Lemon Glaze over
Sponge Cake.
Elize Nel
No comments:
Post a Comment