Monday, 6 May 2013

MIKROGOLF VLA SKYWE


 MIKROGOLF VLA SKYWE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mikrogolf-vla-skywe.html
1 koppie suiker
125 ml vlapoeier
Meng bogenoemde
Voeg 1 lt. melk by en meng goed
Voeg 80 ml botter en 20 ml vanilla essens by en mikrogolf 10 min op hoog . Klits elke 2 minute met draadklopper. Die vlapap is reg as daar spore vorm wanneer klits.
Pak creamcrakers onderin bak. Breekkant in lyn met mekaar.
Gooi vlapap oor en pak  nog cream crackers oor. Laat afkoel .
Maak intussen 1 koppie versiersuiker met n eetlepel kookwater aan en voeg bietjie suurlemoensap by.

NS. Smeer die versiersel NET OOR die crackers. As dit aan die vlapap raak trek dit vog.  Geniet.
Geplaas deur: Ancoise Strydom*

No comments:

Post a Comment