Thursday 2 May 2013

LAMSRIBBETJIE





LAMSRIBBETJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lamsribbetjie.html
(4 porsies)
20 klein lamsribbetjies
sap van 1 suurlemoen
gerasperde skil van 1 suurlemoen

20 ml bruinsuiker

200 ml heuning

100 ml sojasous

Meng die bestanddele saam en gooi dié sous oor die ribbetjies.
Laat dit staan terwyl die oond warm word.
Rooster die ribbetjies onder die roosterelement vir sowat 10 minute aan weerskante
GENIET
Bron: Sarie Kos*






HEERLIKE RIBBETJIES
-
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lamsribbetjie.html
ARINA DU PLESSIS
2kg varkribbetjies
125ml tamatiesous
30-45ml klam bruinsuiker
30 ml soetrissiesous
60 ml sojasous
30 ml vars suurlemoensap
Voorverhit die oond tot 190 grade C en voer ’n paar bakplate met foelie uit. Pak die ribbe op die bakplate en bak vir sowat 30-40 minute tot gaar. Haal uit die oond en laat effens afkoel. (Dis belangrik, anders sal die marinade net afgly as jy dit op vuurwarm ribbetjies smeer.) Meng die tamatiesous, suiker, rissiesous, sojasous en suurlemoensap saam. Bedek en verkoel tot reg om te gebruik. Voorverhit die oond se roosterelement. Smeer die ribbetjies goed met die marinade en oondrooster tot gaar na jou smaak. Smeer gereeld nog van die marinade oor. Sit voor met aartappelskyfies. Lewer tien porsies.j
oey Venter

  

Foto<Dawie Kruger


Soet Lamsrib
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lamsribbetjie.html
‘n Skeutjie bier en brandewyn gee dié marinade lekker skop.
1 eetlepel klam bruinsuiker
½ koppie brandewyn
½ koppie dik sojasous
sap van 2 suurlemoene
½ koppie bier
Sout en peper na smaak
1 kg lamsrib
Metode:
Meng al die bestanddele (behalwe natuurlik die rib) saam, en siedaar, jy het ‘n marinade.
Gooi die marinade oor die vleis en sit dit vir ‘n paar uur of oornag in die yskas.
Braai die rib soos jy dit gewoonlik braai, maar verf dit elke omdraaislag met nog ‘n bietjie marinade.
Wanneer dit gaar is, laat dit eers vir 10 minute rus sodat die vleissappe nie verlore gaan nie.
Laat die rib ‘n bietjie afkoel voordat dit voorgesit word.
Wenk: Passop dat die vleis nie brand nie – met suiker in die marinade is dit geneig om swart te brand as die kole te warm is.*Van Rensburg Meat*Foto Helena Kruger*






SOETSUUR RIBBETJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lamsribbetjie.html
60 ml (¼ k) olyfolie

250 ml (1 k) sjerrie
125 ml (½ k) tamatiepuree
60 ml (¼ k) sojasous

60 ml (¼ k) bruinsuiker
60 ml (¼ k) heuning
15 ml (1 e) paprika

10 ml (2 t) mosterdpoeier
1 kg vark- of lamsrib, in ribbetjies gesaag
Meng al die bestanddele goed en giet oor die rib in ’n oondbak.

Marineer vir ongeveer 3 uur.
Voorverhit die oond tot 160 °C.

Oondbraai ongeveer 1 uur tot die vleis sag is.
Bedruip deurgaans met van die marinade.
Sit voor met warm slaai.

WENKE
Die ribbetjies kan eers vooraf in water gekook word om sodoende die braaityd te verminder.

• As jy die ribbetjies oornag wil marineer, sorg dat die marinade of vryfgeursel min sout bevat.
Anders begin proe die ribbetjies dalk na ham of spek.
Geur eerder met sout net voor jy dit gaarmaak.

• As jy dit oor die kole braai, gooi die marinade in die laaste paar minute oor om te keer dat die kole vlam vat van die druppende vloeistof.
• As jy dit in die oond bak, plaas dit op ’n draadrak in ’n oondpan wat met foelie uitgevoer is.
Dit maak makliker skoon
Bron: Huisgenoot Resepte



 
Foto<<
Dawie Kruger

No comments:

Post a Comment