Thursday 2 May 2013

PIESANGS IN TOFFIE SOUS




PIESANGS IN TOFFIE SOUS
6 piesangs, in die helfte gesny 200 g bruinsuiker 150 ml lemoensap 25 ml botter 20 ml brandewyn mascarponekaas of geklopte room om daarmee saam te geniet Meng die bruinsuiker, lemoensap en botter in ’n dikboomkastrol. Verhit en hou aan met roer tot die suiker opgelos is. Dit moenie oor ’n baie hoë hitte kook nie. Wanneer die suiker opgelos is, laat die sous kook tot dit ’n sagte bal vorm wanneer jy ’n bietjie in koue water gooi. Haal van die hitte af en gooi die brandewyn by. Voeg nou die gesnyde piesangs by en roer versigtig deur. Sit voor saam met die mascarponekaas of room - die keuse is joune. Bron: Sarie Kos*Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment