Tuesday, 25 June 2013

ANYS BESKUIT

                                                     


Ek DIE PLAAS BOER SE ANYSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/anys-beskuit.html

Theuns Botha
Kry bymekaar:
3 eetlepels anys saad
375g botter
4 groot eiers
2.5 ml kremetart
470 ml suiker
2 kg bruismeel
10 ml sout
1 L sterrie melk of volroom boks melk
So gemaak:
Smelt botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die sterrie melk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n
deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teenmekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220 mm x 120 mm. Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180C tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit indien jy dit so verkies*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*25/6/13* >Foto>Firedupcooking



                                                       >  02.07.2014<


ANYS WAT GEBRUIK WORD VIR DIE BESKUIT**


No comments:

Post a Comment