Monday 3 June 2013

CHERRY BOMBS

Cherry Bombs!
(Gepraat van vindingryk.....)
 

Julle, ek het vandag ‘n groot flop gemaak, met ‘n goeie einde!

Ek wou ‘n nuwe sjokoladekoek resep probeer in ‘n ringkoekpan. Toe die koek gaar is was ek te haastig en het die ringkoekpan se knip losgemaak voordat die koek afgekoel het. Dit breek toe in ‘n halfmiljoen stukkies!! Ek het egter die koek heeltemal laat afkoel, dit gekrummel en met ‘n bakkie versiersel wat ek in die vrieskas gehad het van ‘n vorige wortelkoek, gemeng. Ek het dit toe vasgedruk om Maraschino kersies en in warm gesmelte sjokolade gedoop. Dit het afgekoel op die waspapier en hier is die eindresultaat.
Soos ek altyd vir familie en vriende sê: As jy wil deel in my suksesse, moet jy deel in my floppies ook! 



















GEPLAAS DEUR: JOEY KRUGER

No comments:

Post a Comment