Goue Stroop Dumplings Resep
Petra Pretorius
1 koppie Bruismeel of 1 koppie koekmeel en 2 teel. bakpoeier
1 eier
1/2 teel. sout
1 groot eetlepel botter/margarien
3 eetlepels melk
STROOP
Roer al die stroop bestanddele tot suiker opgelos is.
1 1/2 Koppie kookwater
1/2 koppie suiker
1 eetlepel botter
1 eetlepel gouestroop
1 eetlepel suurlemoensap *opsioneel*
1 teelepel gemaalde gemmer *opsioneel*
kaneel vir bo oor strooi
METODE VIR DUMPLINGS
Vryf botter in meel tot die 2 soos krummels lyk. Meng eier en melk in koppie, klits met vurk en gooi by botter en meel. Meng. Skep eetlepels vol in gesmeerde "pyrex" bak. Gooi nou stadig en versigtig die stroop bo oor die dumplings. Druk in die oond 180gradeC vir so 20 minute of tot dit begin verbruin. Haal uit oond, skep warm heerlike sous bo op die dumplings. Dien warm op saam met vla of roomys of room*11/6/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/dumplings-met-goue-stroop.html
No comments:
Post a Comment