Saturday, 8 June 2013

MUSHROOM SAUCE

                                           <Foto> Die Grasdak Bultfontein*


MUSHROOMSAUCE
Marieta Marx Grundling
Lekkerste mushroom sous ooit! My ma het die kok in n restaurant betaal vir die resep jare terug en ek gebruik dit selfs vir pasta en hoender resepte.
*In a pan melt some butter (rama) add sliced button mushrooms, sprinkle with garlic salt. Once the mushrooms have cooked almost dry, add 2 tablespoons of maizena and mix (it becomes a mushroom ball).
 Pour in 500ml of fresh cream and stir until mushroom ball seperates and cream cooks. Remove and serve hot.
Taste and add more garlic salt to taste.

Vrek lekker oor steak

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


BLOU KAAS SAMPIOEN SOUS 
45 ml olyf olie
1 ui gekap
400 g sampioene in skyfies
250 ml room
100 g bloukaas gekrummel
sout en vars gemaalde swart peper
60 ml port.
Metode:
1.Verhit olie en braai ui tot sag en effe bruin.
2.Voeg sampioene by en braai. Voeg die room by kook en voeg die blou kaas by tot gesmelt. geur en roer port in . Helena *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Sampieon Sous:
Vere Albertyn
1pk Vars Sampioene
250ml Vars room
1pk Royco pepersous (Poeier)
1 Ui Fyn gekap
Knoffel
Sout en Peper
Metode:
Braai die uie en sampioene tot gaar en sag. Voeg die room en sous by en meng goed. Laat prut vir a paar min. Tot lekker dik. Gen geniet.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Helena Kruger
SAMPIOENSOUS
250g Bruinsampioene
25ml botter
250ml rooi Port
125ml Brandy
125ml droe sjerrie
500ml Room
Metode:
Braai jou sampioene in die botter.
Voeg die Port, Brandy, Sjerrie by
Voeg n 1/4 van jou Room by en prut tot dik maar vloeiend
Voeg dan die ander room by en prut nog n bietjie!!! Yummy!!!!Baie Lekker "Spesiaal vir julle" Helena 25/9/10*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


 SAMPIOEN ROOM SOUS 
Pakkie swart sampioene - opgesny
1 Pakkie "Cream of Chicken" sop
500ml Room
Botter vir braai
Kaas - opsioneel
Melk - opsioneel
Metode:
Braai die sampioene in die botter. Maak die "Cream of Chicken" sop aan met die room en voeg by die sampioene. Laat prut tot gaar, indien te dik - verdun met 'n bietjie melk.Variasie - voeg gerasperde kaas by vir 'n Kaas / Sampioen sous*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Carol Elliott Claassen
BLOUKAAS SAMPIOENSOUS
45 ml olyf olie
1 ui - gekap
400 g sampioene -gesny
250 ml room
100 g gekrummelde bloukaas
sout en swart peper
60 ml port
Verhit olie en braai ui tot sag en effe bruin.
Voeg sampioene by en braai vir 5 minute. Voeg die room by kook vir 3 minute en voeg die blou kaas by tot gesmelt. Geur en roer port in . Heerlik saam hoender of steak.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

                                                   >Foto>Helena Kruger
.
Dalene Brits
LOW GI Sampioensous
(Eet slim en bly slank)
1 x 250g bakkie Sampioene ½ medium Ui
1 Knoffelhuisie 5ml Canola/Olyfolie
125ml Vetvrye melk 5ml Meel
5ml Oat bran (Hawersemels) 45ml Water
½ tlp Sout Vars gemaalde swartpeper
1. Vee sampioene skoon met papierhanddoek.
2. Kap ui, knoffel en sampioene fyn.
3. Verhit olie en voeg ui en knoffel by.
4. Braai liggies tot deurskynend en voeg dan sampioene by en braai.
5. Giet melk oor, verlaag hitte en prut vir 10min.
6. Meng meel en hawersemels, voeg water by om gladde pasta te maak.
7. Voeg meelmengsel by sampioene en roer aanhoudend tot verdik.
8. Geur met sout en swartpeper.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html



Linda Nel
LEKKER MUSHROOMSOUS
Kap een ui en een greenpepper op.braai in n bietjie olie.gooi pak opgekapte mushrooms by,braai tot gaar.
Strooi twee opgehoopte eetlepels bisto oor die mushrooms.gooi koppie room in en klits met whisk tot poeier
opgelos is.Gooi swartpeper by-baie lekker

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


SAMPIOEN-SOUSIE
Lu-Anne Pretorius.
ek braai gewoonlik uie en n bietjie knoffel en as dit gaar is sit ek n pannetjie gesnyde wit knoppies sampioene by, braai tot gaar en die vloeistof verdamp het, gooi sout, peper en aromat by na smaak en heel laaste n houertjie vars room, laak prut tot die sousie n heerlike aroma afgee en lekker dik is... in my huis as dit tyd is vir mushroom sous vind ek gewoonlik die room en mushrooms op die kombuistafel wanneer ek van die werk af kom....22/5/12
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Marina Hamilton-Walker
MUSHROOMSOUS
Ek deel graag my Muschroom sous. Braai vars mushrooms en uie. Goooi koppie room by. As dit begin kook 1 teelepel Marmite en maak dik met Mazeina. Heerlik op vleis en braai broodjies...
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Mariette Visser
Sampioensous
braai gekapte ui in bietjie botter tot sag. Voeg 1 pakkie gesnyde sampioene by en braai oor hoe hitte (sampioene hou van hoe hitte, anders laat hulle al hul vog uit - jy moet hulle seel met hoe hitte - dis wat ek by 'n chef g
eleer het). Voeg nou 1 of 2 eetl brandewyn / sjerrie OF 125ml droe witwyn by en laat prut tot verdamp.
Meng 2 t bisto met 60ml water en voeg by, laat verdik. Voeg 250ml room by en prut tot verdik en geurig.
Geur met Aromat, swartpeper en pietersielie.
Die brandewyn/sjerrie/witwyn is om die "lawwe smaak" van die room te breek.
Jy kan ook die heerlikste pepersous met dieselfde resep maak.
Sodra die uie sag is, voeg 2 eetl varsgemaalde swartpeper by en braai 'n paar oomblikke.
Gebruik die brandewyn-opsie hiervoor.
(Robertsons het 'n peper-pasta wat heerlik is, maar moet die peper dan nie braai nie.
Voeg die peper-pasta en brandewyn gelyk by.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Peggy Devine
PEGGY SE SPECIAL SOUS VIR STEAK
5 t botter
1 ui fyn gekap
250g musrooms gekerf
110 ml witwyn
50 ml tamatie puree
150 ml beesaftreksel
60 ml room
15 ml brandewyn ( dit moet jy spaar vir die sous )
Braai ui in botter, voeg mushrooms by, braai n bietjie, voeg tamatie puree, wyn en aftreksel by kook tot dit met die helfde verminder het. Voeg room en die brandewyn by. Maak goed warm en sit voor met steak op pan toast.
NS: Moet nie sous dubbeld aan maak nie, elke mengsel apart in ander pan.
Dit voel of jy in RESTAURANT eet BAIE LEKKER EN ANDERS

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Jewls Rauch
WONDERLIKE SAMPIOEN-SOUSIE
Julle, ek het die geheim vir 'n wonderlike sampioen-sousie!! Mens braai die sampioene en uie in 'n bietjie botter of olie en voeg room en swartpeper na smaak by. Roer heeltyd en 'reduce' die sous tot dit so 'n mooi dik konsistensie het. Dan voeg jy Bovril daarby vir die soutsmaak... Dit maak die sous mooi diepbruin en laat dit vleisig proe!! Oe la laaaa! Steek die vuur aan - vanaand eet ons beeshaas!!
NOTA: Ek het nog nooit sampioensouse geskep nie want dit is altyd so 'bland'! Hierdie sous het my skoon regop laat sit, bôgger Paula van 7e Laan se jenesekwa!! ;-)) Hierdie sousie het pizaaaz!!!!
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Magda Mark Hayward
lekkerste mushroom  sous
maak 'n basiese witsous resep met baie kaas, bietjie garlic en mosterd in - braai mushrooms n roer by (hoeveelheid na gelang van hoeveelheid sous wat jy maak ). Vir afwisseling kan jy die blikkies mushroom in buttersous gebruik ipv gebraaide mushrooms) - my mens is mal oor my sous en gaste wil altyd die resep hê.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


Maria Liebenberg
Mushroom sous
5 eetlepels botter
200g sampioene, in skywe geny of in Twista chopper
Braai bg.
Meng 3 eetlepels koekmeelblom met
1 kp melk
en roer by sampioene
1 kp hoenderaftreksel verhit
Voeg by bogenoemde en kook deur.
sout, peper en neut na smaak
Vir 26 mense = 2x resep + extra pakkie mushrooms
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


Sunita Fourie de Villiers
LEKKER SAMPIOEN SOUS
 Het een keer die sous by vriende geëet en besluit om dit self te probeer maak, nou maak ek net dit!
Jy sny 1 groot ui fyn en braai in pan saam met botter en olyfolie tot deurskynend.
Gooi een pakkie fyngesnyde mushrooms by en braai verder.
Dan meng jy 250ml room met 1 pakkie wit uiesop. Gooi by, roer en haal van hitte af, sit deksel op.
Dan maak jy dit net weer vinnig warm as die steak van die vuur af kom. Heerlik!

Ek sit graag grofgemaalde peper ook in.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


Louise Van Bosch
SAMPIOEN SOUS
Braai 1 pakkie gekerfde mushrooms in bietjie botter. Gooi bietjie sout / aromat oor.
Gooi pakkie cheddar & peppercorn sous poeier en 1 houertjie room oor. Roer sodat al die klonte oplos en sous dik is. Geniet dit, dit is heerlik oor steak.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

Lizette Wilke
SAMPIOEN SOUS
sampioen sous met knoffel en room.
Jy vat jou gesnyde sampioene en braai dit in botter, as dit gaar is sit ek gekapte knoffel by na smaak.
Braai die knoffel net so 'n bietjie, moenie dat dit brand nie. Voeg 1 liter room by. 'N klein bietjie sout.
Maak 'n pakkie wit uie sop aan met bietjie melk meng goed en roer in my die sampioen sous.
Laat prut vir so paar minute totdat die sous lekker dik is. Skakel die plaat af en laat die sous rus. Die sous is ook baie lekker as dit so 1/2 dag gestaan het. Lekker by steak, of enige vleiserigheid.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html


Helena Kruger
GEROOKTE MOSSEL EN SAMPIOEN-SOUS
1 blikkie gerookte Mossels
1 med.ui fyngekap
250g Sampioene
30ml botter
1t meelblom
30ml sjerrie
250ml Room
Metode:
Meng botter en die olie van die mossels en braai jou ui liggies daarin.
Voeg jou sampioene by en braai liggies
Voeg jou meel en sout by en roer kook tot glad
Voeg jou sjerrie, room en mossels by en prut net so 2min. en WHALLA!!! jy het n heerlike vinnige sous vir enige lekker Braaistuk of Maak genoeg sous en gooi dit oor gaar aartappels en plaas vir so 20min. in n lekker warm oond Heerlik!!
Helena 25/9/10 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

MUSHROOM SOUS

SE NUWE NAAM IS OJ OUMA EN JOHAN SE MUSHROOM SOUS
BESTANDELE:
1 Koppie Room
1 Pakkie Hoender of Mushroom soppoeier, roomsoort
Vars sampioene fyn ge-twist
Gerasperde ui
METODE:
1. Braai uie en sampioene.
2. Voeg al die ander bestandele by met water, sout en aromat en peper

Let wel die hoeveelheid sampioene is die bepalende faktor.

Ek en ouma het ‘n bietjie knoffel bygevoeg. Ek sal volgende keer meer byvoeg. Afhangende van die hoeveelheid sampioene
Ek het ‘n bietjie koue water in die groot glasbeker gegooi
Die pakkie mushroom soppoeier in geroer
Minder as ’n kwart teelepel sout.
Swartpeper en aromat na gedagte bygevoeg en gehoop vir die beste
Ek het net +- die helfte van die 250ml room bygevoeg
Intussen het ouma die sampioene en uie gebraai
Toe dit reg lyk het ons die mengsel in die grootbeker daar ingeroer
Ons het dit bly roer om te verhoed dat dit vasbrand
Ongelukkig het ek die plaat te warm gestel gelukkig betyds afgehaal. Dit het net begin skroei gelukkig geen brand smaak nie

Tannie Babs de Jager (ons buurvrou) sê dit smaak heerlik. Ek en ouma kan dit be-aam. Wynand het vegatable spice, rosemary, thyme, ginger, mostert, groun pepper, hoender aftreksel blokkie fyngemaak by gegooi

Geplaas deur: Wynand Myburgh *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/mushroom-sauce.html

No comments:

Post a Comment