Wednesday 5 June 2013

PLASTIESE VERSIERSEL




PLASTIESE VERSIERSEL

Jaanmarie Wichtmann
250 ml gewone suiker
250g vloeibare glukose
 125 ml water
10 ml gelatien
15 ml koue water geursel
 kleursel
20 g wit plantvet(holsum) en
 1 kg versiersuiker.
 METODE:
 smelt die suiker en glukose in die water.
Maak seker dat die suiker heeltemal gesmelt is en was voortdurend die kante van die kastrol af met 'n skoon, nat borsel of stuk nat watte.
 Verhit tot by kookpunt en sit die deksel vir 1-2 min op sodat die kante van die kastrol skoon gestoop kan word.
 Verhit tot by 110 grade C. Dit behoor omtrent 4 min te duur. Moenie roer terwyl dit kook nie.
 Haal van die stoof af.
Wanneer die mengsel ophou borrel, voeg die gelatien wat in 15 ml koue watwe geweek is by.
 Voeg die geursel en/of kleursel by.
 Sif die versiersuiker op 'n groot plank, maak 'n holte in die middel daarvan en gooi di mengsel hierin.
Meng en knie totdat dit 'n mooi gladde en rekbare tekstuur verkry.
Rol uit en dek di koek terwyl die versiersel nog warm is.
 Dit kan weer warm gemaak word in 'n oond by 110 grade C.
 Hierdie versiersel moet voor gebruik, goed gebrei word.
As dit kraak, moet dit nog gebrei word.*4/6/13*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/plastiese-versiersel.html

No comments:

Post a Comment