TUISGEMAAKTE
HOENDERAFTREKSEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/06/tuisgemaakte-hoenderaftreksel.html
1 gaar hoenderkarkas of 2 - 3 rou hoenderporsies aan die been, alle vet verwyder
1 groot ui, met die skil, in kwarte gesny
2 wortels, in growwe stukke gesny
2 selderystingels met blare, in stukke gesny
2 liter water
6 - 8 takkies pietersielie
6 takkies vars tiemie of ander vars kruie
2 lourierblare
4 heel naeltjies
4 heel wonderpeperkorrels
8 swart peperkorrels
Plaas al die bestanddele saam in ‘n groot pot en bring oor matige hitte tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat vir 45 - 60 minute sonder ‘n deksel prut. Dit kan selfs langer prut, indien jy ’n meer gekonsentreerde aftreksel verkies.
Skep die grootste bene en groente uit en skink aftreksel deur ‘n sif om die speserye en enige klein beentjies te verwyder.
Gebruik aftreksel soos nodig of laat dit heeltemal afkoel en hou vir ‘n paar dae in die yskas tot benodig.
Of vries in hoeveelhede, soos wat jy dit sal nodig kry.*RSG*22/6/13
TUISGEMAAKTE HOENDERAFTREKSEL

Vir 2 ½ liter hoenderaftreksel
1 heel hoender, met vel
1 ui - hou die skil aan en sny in kwarte
3 groot wortels, in groot stukke gesny
3 - 4 lourierblare
2 selderystingels met blare, in groot stukke gesny
1 bouquet garni
20 ml sout
6 swartpeperkorrels
3 liter water
Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en kook stadig vir 3 ure. Bedek die kastrol tydens die kookproses. Gooi die aftreksel hierna deur ’n sif. Jy kan natuurlik die aftreksel dadelik gebruik, terwyl dit nog warm is, maar as jy dit wil vries, moet dit eers heeltemal afkoel.
Hoe lank kan ek hoenderaftreksel vries?
Nie langer as 3 maande nie. Vries die aftreksel in klein plastiekbakkies wat goed seël.
Bouquet garni
My bouquet garni is ’n bondeltjie vars kruie vasgebind met tou. Dit bestaan uit vars pietersielie, vars salieblare, vars tiemietakkies en vars origanum.
MY WENK EN VARIASIE :
Vir hoender gebruik ek nie die hele hoender nie, maar hou altyd die rugstukke uit wanneer ek die hoender porsies maak en sodra ek genoeg het dan gebruik ek dit.
Vir groente-aftreksel laat die hoender uit.
Vir beesaftreksel, ek gebruik sopvleis en ekstra murgbene.
Vir visaftreksel, gebruik ek die grate, kop, velle en stukkies van die vis nadat ek my filette uitgesny het.** Berie Vd Velden Smith**
Daar is baie produkte van hoë gehalte op die winkelrakke, maar soos met die meeste dinge in die lewe is dit altyd ’n goeie idee om die tuisgemaakte weergawe ’n kans te gee.
Aftreksel is die vloeistof wat ’n mens kry wanneer jy bene en/of vleis saam met groente, kruie en ander geurmiddels laat prut. ’n Mens kry onder meer bees-, kalf-, hoender-, vis- en groente-aftreksel.
Tuisgemaakte aftreksel behoort nie sout te bevat nie, so dit smaak nie baie lekker op sy eie nie. Dit is die basis van sop en souse wat ’n mens dan natuurlik wel geur.
’n Kombinasie van bene en vleis is ’n goeie idee (soos ’n hoenderkarkas waaraan daar nog heelwat vleis is). Kies eerder goedkoper, taaier snitte vir ’n beesvleisaftreksel eerder as sagte vleissnitte.
’n Mens kan die bene en groente eers rooster voordat jy vloeistof byvoeg om ’n “bruin” aftreksel te vorm. Die roosterproses verdiep die geur en kleur van die aftreksel. Dit is nie ’n vereiste nie.
Die groentemengsel wat ’n mens gebruik, is ’n mirepoix (wortels, seldery en uie). As jy net ’n groente-aftreksel maak, voeg nog groente by soos rape, preie, kool en tamaties.
Kruie soos pietersielie, tiemie en lourierblare word oor die algemeen gebruik om aftreksel te geur.
’n Mens prut die aftreksel onbedek. Laat prut visaftreksel 30-40 minute, groente-aftreksel 45-60 minute, hoenderaftreksel 4 tot 5 uur en beesvleisaftreksel 6 tot 8 uur. Skep die vet en ander onsuiwerhede van die aftreksel af terwyl dit kook en gooi deur ’n fyn sif aan die einde van die kookproses. Plaas oornag in die yskas en skep die volgende dag enige harde vet van die aftreksel af.
Jy kan die aftreksel ook vries.
– Karla Janse van Vuuren*

Maak só tuisgemaakte aftreksel as basis vir soppe en souse
Dit is deesdae baie maklik om aftreksel in blikkies, boksies of blokkies te koop.Daar is baie produkte van hoë gehalte op die winkelrakke, maar soos met die meeste dinge in die lewe is dit altyd ’n goeie idee om die tuisgemaakte weergawe ’n kans te gee.
Aftreksel is die vloeistof wat ’n mens kry wanneer jy bene en/of vleis saam met groente, kruie en ander geurmiddels laat prut. ’n Mens kry onder meer bees-, kalf-, hoender-, vis- en groente-aftreksel.
Tuisgemaakte aftreksel behoort nie sout te bevat nie, so dit smaak nie baie lekker op sy eie nie. Dit is die basis van sop en souse wat ’n mens dan natuurlik wel geur.
’n Kombinasie van bene en vleis is ’n goeie idee (soos ’n hoenderkarkas waaraan daar nog heelwat vleis is). Kies eerder goedkoper, taaier snitte vir ’n beesvleisaftreksel eerder as sagte vleissnitte.
’n Mens kan die bene en groente eers rooster voordat jy vloeistof byvoeg om ’n “bruin” aftreksel te vorm. Die roosterproses verdiep die geur en kleur van die aftreksel. Dit is nie ’n vereiste nie.
Die groentemengsel wat ’n mens gebruik, is ’n mirepoix (wortels, seldery en uie). As jy net ’n groente-aftreksel maak, voeg nog groente by soos rape, preie, kool en tamaties.
Kruie soos pietersielie, tiemie en lourierblare word oor die algemeen gebruik om aftreksel te geur.
’n Mens prut die aftreksel onbedek. Laat prut visaftreksel 30-40 minute, groente-aftreksel 45-60 minute, hoenderaftreksel 4 tot 5 uur en beesvleisaftreksel 6 tot 8 uur. Skep die vet en ander onsuiwerhede van die aftreksel af terwyl dit kook en gooi deur ’n fyn sif aan die einde van die kookproses. Plaas oornag in die yskas en skep die volgende dag enige harde vet van die aftreksel af.
Jy kan die aftreksel ook vries.
– Karla Janse van Vuuren*
No comments:
Post a Comment