Friday, 26 July 2013

AARTAPPEL SUURDEEG BROOD


AARTAPPELSUURDEEG – PLANTJIE EN BROOD: [MY EIE RESEP] 
VIR DIE PLANTJIE:
So 10 of 11 uur die oggend:
1 lt. Canfrood bottel met skroefdeksel
Skil en rasper 2 medium grote aartappels of 1 grooooooot aartappel
Gooi in die bottel.
Vul bottel met 500ml kookwater en laat staan tot lou-warm.
GOOI dan 125ml van die lou-warm mengsel in ‘n maatbeker of gebruik gewone lou-warm water.
Voeg by 3t kitssuurdeeg of ¼ koekie suurdeeg.
20 ml Suiker
10ml sout
Meng hierdie goed totdat suiker opgelos is.
Gooi dit by jou aartappel in bottel.
Skud een keer die bottel sodat alles meng.
Skroef deksel liggies op, want dit kan nogal ontplof as dit te veel gis.
Maak bottel toe in ‘n groot handdoek of kombers en laat staan vir tussen 3 – 8 uur
om sy werk te doen.
As die gis reg is sal omtrent die helfte van die bottel ‘n behoorlike skuim op hê.
Gooi nou alles deur ‘n sif en vang die giswater op, want hiermee gaar jy broodbak.
Neem so handvol van die gerasperde aartappels, sit terug in die bottel.
Gooi 250ml van die giswater oor dit en hou eenkant vir jou plantjie vir volgende
baksel. Vul die plantjie met dieselfde bestanddele aan, behalwe die kitsgis. Bêre plantjie in yskas tot jy weer brood wil bak. Hoe meer die plantjie gebruik word en
hoe ouer dit word, hoe beter word die suurdeeggis.
VIR DIE BROOD:
In jou elektiese menger met hak aan voeg die volgende in jou mengbak:
Kan ook met die hande geknie word.
9 x 250ml Witbroodmeel of jy kan hier meng met volkoring, nutty wheat ens.
1 x 250ml Koekmeel
2t suiker of heuning
2t sout
100ml olie of 4e margarien [ek verkies olie] [jy kan selfs uitgebraaide skaapvet gebruik as jy het]
Asook die res van jou pakkie kitsgis
Voeg ook die giswater by, as deeg dalk te styf is, voeg lou-warm water by
Laat die menger nou sy werk doen vir ongeveer 10 minute.
Smeer ‘n groot plastiese bak met bietjie olie en sit jou gekniede deeg daarin.
Maak warm toe met handdoek of kombers en laat rys tot die volgende oggend.
VOLGENDE DAG IS BAK DAG:
Ek doen hierdie so tussen 8 en 9 in die oggend.
Stel oond op 50 grade C tot warm, sit oond dan AF.
Knie deeg af en plaas in gesmeerde broodpanne.
Sit kombuispapier bo-op die broodpanne en plaas in oond om te rys.
Neem so ongeveer 2 – 3 uur tot panne volgerys is.
Los panne in oond en stel oond op 180 grade C en laat dit totdat brood klaar gebak het. [m.a.w. jy verhit nie eers oond en bak dan nie, jy neem die baktyd van waar jou
panne in oond is en laat die bakproses sy loop neem]
Baktyd is omtrent 25 – 30 minute, maar kyk maar so op 20 minute.
[Ek sit dan oond af, skud die brood uit panne op oondrak en los dit vir so 5 minute om
mooi broskors te vorm.]
HAAL dan uit en laat afkoel op draadrak met ‘n skoon vaddoek of handdoek oor die brood.
Hierdie resep bak 3 sandwich grote brode of 4 klein broodjies.
Enjoy!!
Geplaas deur: Berie Smith
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/aartappel-suurdeeg-brood.html

1 comment: