Friday 5 July 2013
JAN SMUTS KOEKIES
Jan Smuts-koekies:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/jan-smuts-koekies.html
Kors:
425g (750ml) Koekmeelblom
10ml Bakpoeier
1ml Sout
250g Botter (Margarine), Kamertempratuur
200g (250ml) Suiker
2 Eiers, geklits
Vulsel:
125g Botter (Margarine), Kamertempratuur
125g (150ml) Suiker
2 Eiers, goed geklits
125g (225ml) Ongesif, Koekmeelblom
5ml Bakpoeier
100ml Fyn Appelkooskonfyt
Metode:
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter hierin tot mengsel fyn gekrummel is.
Voeg suiker by en meng.
Voeg eiers by en meng tot deeg.
Rol sowat 3mm dik uit en druk sirkels, 8cm in deursnee, af.
Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne.
Klop botter en suiker tot romerig.
Voeg eiers by en meng.
Sif koekmeel en bakpoeier saam en meng met eiermengsel.
Skep 2ml van die appelkooskonfyt in elke doppie en skep ‘n teelepelvol vulsel bo-op.
Bak sowat 15min of tot goudbruin in ‘n voorveritte oond van 190°C.
Keer koekies op draadrak uit en laat afkoel.*Jacky Coetzee Taljaard *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment