Thursday, 25 July 2013

KARAMEL TOFFEE POEDING

KARAMEL-TOFFIE POEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/karamel-toffee-poeding.html

Verhit oond tot 180 gr C. Klits saam in mengbak:
4 E sagte botter,
1 k suiker,
4 groot eiers en
1 t vanilla geursel tot suiker gesmelt is.
Sif 1 k bruismeel en
¼  t sout by en roer deur.
Skep in gesmeerde poedingbak en druk stukkies sagte karamel lekkers, in stukkies gebreek, in deeg. Bak vir 20-25 min tot gaar.
Gooi vlg sous oor as uit oond kom.

Sous: Verhit
1 k [250 ml] room en
10 sagte karamel toffies, tot gesmelt.
Bedien met roomys of vla.
Bron: Radio Namakwaland
Geplaas deur: Dalene Brits
LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG

No comments:

Post a Comment