Tuesday 17 September 2013

FLUWEELPOEDING



Fluweelpoeding

6 porsies
80 g (100 ml) suiker
50 g (90 ml) koekmeel
knippie sout
125 ml koue melk
625 ml louwarm melk
3 eiers, geskei
40 g (40 ml) botter
5 ml vanieljegeursel
25 ml gladde appelkooskonfyt
Verhit oond tot 180 ºC. Meng 40 g van die suiker, die meel en sout met koue melk totdat ’n gladde pasta vorm. Voeg dit by louwarm melk en plaas op ’n stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy aanhou roer en laat effens verdik. Voeg eiergele by. Klits goed. Verhit tot net by kookpunt terwyl jy roer. Roer botter en vanieljegeursel by.
Skep in ’n gesmeerde bak van sowat 20 x 10 cm. Stip met appelkooskonfyt.
Klits eierwitte totdat sagte punte vorm en voeg res van suiker by. Klits verder tot stywe punte vorm. Skep dit bo-op poeding en bak tot meringue-punte bruin word.*Sarie Kos*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/fluweelpoeding.html


FLUWEELPOEDING
"Kook en Geniet"
125ml suiker
2.5ml sout
200ml meelblom
4k melk
4 eiers geskei
60ml botter
5ml vaniljegeursel
30ml appelkooskonfyt
100ml strooisuiker
Meng suiker, sout en meelblom
Verhit die melk tot feitlik kookpunt en giet dit stadig oor die droe mengsel
Klits aanmekaar
Roer oor lae hitte tot die mengsel verdik
Klits die eiergele en giet die warm mengsel daaroor terwyl jy aanmekaar klits
Gooi in jou gesmeerde oondpan en bak vir 40min. tot ligbruin bo.
Haal uit en hou jou temp. by oond op 150*C Smeer n dun lagie appelkooskonfyt oor die poeding
Klits die eierwitte en strooisuiker styf en smeer die helfte daarvan oor die poeding.
Skep die ander helfte in n versiersak en versier bo-op Sit terug in oond en bak tot meringue ligbruin is Voorverhit jou oond tot 180*C 10/11/11!!!! 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/fluweelpoeding.html 

No comments:

Post a Comment