Sunday 15 September 2013

YSTERVARKIES

Eugene Palmer se Ystervarkies


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/ystervarkies.html

Bestanddele:

Koek:
625ml koekmeel;
5ml bakpoeier;
4 eiers (geskei);
250ml water;
500ml suiker;
Sout.

Stroop:
875ml suiker;
450ml water;
50ml botter / margarine;
75ml kakao;
5ml vanieljegeursel;
Klapper om in te rol.
Metode:
Koek:

1. Voorverhit die oond tot 180̊C.
2. Klop eiergele tot lig.
3. Voeg suiker by.
4. Voeg water by.
5. Meng droë bestanddele by.
6. Klits eierwitte tot droog.
7. Voeg laaste die styfgeklopte eierwitte by.
8. Gooi in oondpan.
9. Bak vir ± 25minute.
10. Sny die koek in 3cm blokkies wanneer heeltemal afgekoel is.
Stroop:
1. Verhit al die bestanddele vir die stroop buiten die geursel saam tot kookpunt in ‘n diep kastrolletjie.
2. Haal dit van die stoof af sodra dit kook en roer die geursel by.
Doop klein blokkies vining in die stroop en rol hulle dan in die klapper tot goed bedek. Die blokkies moenie met stroop deurtrek wees nie. Wat ek gewoonlik doen is ek doop die blokkies terwyl ek hul met ‘n braai tang vas hou en sit hul dan net in n leë bord sodat die oortollige stroop af loop.

Die is my ma se resep van die verskillende plekke wat sy saam gesit het. Die koek het sy by ‘n tannie gekry en stroop uit ‘n ou Huisgenoot. Geniet




YSTERVARKIE WENK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/ystervarkies.html
*   Jy kan dit baie lank voor die tyd maak en vries.
*   Bak die koek, laat afkoel en dny in blokkies. Plaas die blokkies eers in die vrieskas voordat jy dit dip.

*   Om die klapper bietjie te spaar:
Doop die koekblokkie in die stroop en sit dit eers op n druprak sodat die ekstra stroop afdrup. Rol dit dan in die klapper.
Indien jy die koekblokkie direk vanuit die stroop in die klapper skep, mors daar baie stroop in die klapper. Die klapper vorm dan klonte wat mens later nie kan gebruik nie.




Maré Nieuwoudt 

PIENK JELLIE YSTERVARKIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/ystervarkies.html
Maak ‘n wit laagkoek, sny blokke en maak ‘n stroop van:

30g botter
1 pakkie aarbei jellie
2 kop versiersuiker
200ml kookwater
Kook alles – laat afkoel – druk koek in stroop en rol in klapper.







Anri Bisschoff
                                   
YSTERVARKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/ystervarkies.html
Annemarie Barnard Kleyn

Slapkoek
(Geelbroodjie)
2 1/4kop Meel
2kop Botter
2/3kop Melk
1 1/4kop suiker
3 Eiers
3 teel Bakpoeier
Maak aan soos enige grootkoek en bak in 'n broodpannetjie by 180grade tot gaar. (Ek weet my ma het die een lank gemeng met 'n elektriese menger)

Stroop vir Ystervarkies
2 1/2kop Suiker
2 1/2eetl Kakao
1 kop Water
1/4kop Melk
1 desertl Botter
Kook alles saam vir 3 minute. Verwyder van stoof en laat afkoel. Doop opgesnyde stukkies koek eers in stroop en rol dan in klapper.



UNFORGETTABLE LAMINGTONS

INGREDIENTS:VANILLA SPONGE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/ystervarkies.html
500ml (2 cups) Huletts Castor Sugar
4 large eggs
250ml (1 cup) oil
5ml (1 teaspoon) vanilla essence
750ml (3 cups) flour, sifted
15ml (1 Tablespoon) baking powder
250ml (1 cup) milk
Desiccated coconut for coating

CHOCOLATE COATING:
500ml (2 cups) Huletts White Sugar
250ml (1 cup) hot water
45ml (3 Tablespoons) cocoa powder
15ml (1 Tablespoon) butter or brick margarine

METHOD:
VANILLA SPONGE:

1. Whisk castor sugar and eggs in a mixer until light and fluffy.
2. Add oil and vanilla essence, mix well.
3. Add sifted flour and baking powder to mixture alternatively with milk.
4. Pour the creamed mixture into a greased oven tray and bake in a preheated oven at 180ºC for 25 - 30 minutes or until golden brown.
5. Allow to cool and cut into squares.


CHOCOLATE COATING:
1. Heat sugar, cocoa, butter and water until bubbly.
2. Allow to cool, dip sponge squares into sauce and roll in coconut.
Huletts
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*





No comments:

Post a Comment