AMORE SE RYSPILAF
1 koppie rou bruin- of wilde rys
3 koppies hoender- of groente-ekstrak
1 blik artisjokke, gedreineer
1 pakkie sampioene, gekap
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 ui
2 fyn knoffelhuisies
1 teelepel suurlemoenpeper
½ teelepel tiemie
1 eetlepel olyfolie
sap van 'n suurlemoen
fetakaas
Voeg 2 koppies ekstrak by die rys en kook vir 30 minute.
Plaas dit saam met die res van die bestanddele, behalwe die suurlemoensap
en fetakaas, in 'n vuurvaste oondbak en meng goed.
Voeg die 3de koppie water by.
Bedek en bak vir 45 minute teen 180 grade.
Voeg die suurlemoensap en fetakaas by.
Bedien met 'n Griekse slaai.
No comments:
Post a Comment