Saturday, 12 October 2013

BIERBROOD OP KOLE



Bierbrood op die kole

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/bierbrood-op-kole.html
225 g volgraan meel
272 g bruismeel
1 teelepel sout
45 g botter
175 ml bier
175 ml melk
225 g cheddarkaas, gerasper
4 sprietuie, dun gesny
Rooipeper
Só maak mens
Sif die meel en sout in ’n bakkie. Smeer die botter in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
Maak ’n gat in die middel van die deegmengsel en gooi 175 ml bier en melk by.
Meng dit tot ’n sagte deeg. Knie dit nou liggies totdat die deeg elasties is.
Vorm die deeg in ’n sirkel van sowat 25 cm in deursnee en plaas dit in die middel van ’n groot, ekstra sterk stuk foelie wat gesmeer is. Sny ’n paar kepe op die bokant van die deeg met ’n mes en strooi ’n bietjie bruismeel bo-oor. Vou die kante van die foelie bymekaar en verseël dit deeglik.
Plaas nou die deeg in die foelie op medium warm kole vir ongeveer 10 minute aan albei kante.
Maak die foelie oop en besprinkel die bo-kant van die brood met kaas, spriet-uitjies en ’n knippie rooipeper en laat staan dit vir nog so 5 minute op die kole, totdat die kaas gesmelt het. Bedien *Wegsleep*






BIERBROOD


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/bierbrood-op-kole.html

1kg Bruismeel
2 blikkies bier
sout
bak vir n uur teen so 180*C
*Francois Burger *

No comments:

Post a Comment