Tuesday 29 October 2013

ONDERGEDOMPELDE HOENDER / BRINE



SKOOR SE ONDERDOMPELDE HEEL HOENDER:
 [DINK KERSFEES KIEPIES?]
JY KAN KALKOEN, VARK EN ENIGE ANDER VLEIS OOK SO HANTEER EN GAARMAAK!
Vir meer as 3 eters het jy 2 heel hoenders nodig – hierdie gereg vlieg by die keelgaaie af. En 2 dae se geduld. Neem ‘n plastiek emmer/kom/houer – nie metaal, a.g.v die bestanddele…
Een koppie suiker en een koppie sout. Ja, jy het reg gelees. Koppies. Daai goed waaruit jy jou oggend koffie nuttig.
Nou kom die kreatiewe spelery. Koop by Fruit en Veg van die cheap vrugtesappe wat hulle so adverteer. ‘n Lemoen of mango geur. Of appel. Daai liter bokse. Gooi dit in die kom, by die koppies sout en suiker.
Gooi by: ‘n rolletjie of twee kaneel, fyngebreek, 3 naeltjies, 2 teelepels roosmaryn – droog of nie – ‘n teelepel chilli vlokkies of poeier – moenie stres nie, die kiep gaan nie jou bekkie brand nie.
Die sap van 2 uitgedrukte lemmetjies of suurlemoene, en gooi sommer die skille ook daarin. Neem 6 huisies knoffel, en met die platkant van die mes druk jy hulle vas teen ‘n snyplank, en laat kom jou plat hand op die slagoffer neer, sodat hy aansienlik dunner, maar langer is. Gooi hulle in – sommer vel en al. Sny ‘n ui of 2 in kwarte, en gooi in.
Verstaan asseblief dat dit ‘n kreatiewe proses is – alles wat jy het, kan hier ingaan! Koljander – gekraak, swartpeperkorrels, ook gekraak. Speel deur jou kombuiskaste! Gryp die oorbly bietjies alkohol. Wyn, brandewyn, enigiets.
Daar is nou plusminus 1.250liter vloeistof, en ‘n helse klomp ander goed in. Roer met ‘n houtlepel om lekker te meng – sout en suiker gaan nie nou al oplos nie, relax.
Sit die hoender(s) in die bak, en maak vol met water sodat die hoender(s) onderdompel is. Maak toe met clingwrap, en sit in die yskas – maak sommer die yskas ‘n slag skoon, ja! Wanneer ek een klein hoender maak, het ek al ‘n roomys bak gebruik. Vanselfsprekend minder van alles, BEHALWE die sout en suiker bly dieselfde! Maar dis maar asem ophou as alles daai ingedruk moet word. Miskien ‘n 5liter roomysbak. Jip, dit behoort die truuk te doen.
Nou vergeet jy van die hoender en maak ander kos. More aand vergeet jy nie van die hoender nie, want jy draai hulle om, dat die ander kant weer bietjie onder le.
En oormore trek jy die kiepe uit hulle bad, en gooi dit net so in ‘n baksakkie. Sit sakkie in ‘n bakskottel, en bak vir 1.5-2ure, afhangende van hoe groot die vogel is.
JY SAL MY WEER KOM SEG WAT JY DAAR GEPROE HET – DIT IS ‘N BELOFTE EN ‘N CHALLENGE!

Sit sommer net slaai daarby voor, want niks anders gaan aftrek kry nie. Komaan, wat het jy om te verloor?
Onthou tog die metode vir die Kersfees Kalkoen – ek plaas my waarborg stempel op hierdie reseppie, en het ek al ooit spek geskiet hierso?* Berie Vd Velden Smith* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/ondergedompelde-hoender-brine.html

 



Helena Kruger
Onthou julle die *Brine * wat ek verlede week gemaak het vir die hoender met die Appeltizer..Hierdie een het ek vandag gemaak vir more met regte appelsap..
PEKELMENGSEL VIR HOENDER
250-350ml vars Appelsap
500ml koue water
60ml growwesout
80ml bruinsuiker
250ml fyn ys of blokkies
Meng die appelsap, water, sout en suiker in 'n groot bak Gooi ysblokkies by, meng en plaas jou hoender daarin ..
laat oornag of so vir 2-3h staan in yskas. Baie lekker Helena Chilli Kruger 12/7/12. Lekker Resepte vir die Jongergeslag http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/ondergedompelde-hoender-brine.html

 



Hier het ek Peggy se *Brine* vir die Hoenderstukke gemaak*
Helena Chilli Kruger**13/7/12
HOENDER BRINE
2 kg hoender stukke of 2 heel hoenders
1/2 k sout
1 k suiker
1 en n half L water
6 t Crown Six Gun Grill Spice
Meng tot opgelos. Marineer hoender vir 4 ure. Braai op rooster tot gaar.
Heerlik proe soos BBQ Hoender *13/7/12.. Lekker Resepte vir die Jongergeslag http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/ondergedompelde-hoender-brine.html


Helena Kruger
BRINE
Gemaak vir hoenderborsies ..en na 2h in dit sommer een net gaargemaak in n pannetjie om te proe..Pappie wou weet wat se speserye het ek opgegooi...maar toe ek vir hom se kon hy my nie glo..net **
1LT water
3e hoogvol sout
1 blikkie Appeltizer koeldrank[of appelsap]
1 appel gesny
1/2 Suurlemoen skywe
goed geroer en my hoenderborsies daarin laat le vir 2h..hulle se as jy hoenderstukke gebruik kan jy dit oornag laat le en miskien net n bietjie minder sout gebruik..
N.S=Ek dink amper dit was* Sunny Anderson* op Foodnetwork die naweek, sy se ook al haar hoender laat sy eers in dit le voor sy dit of diepfry of bak..26/6/12 Helena Chilli Kruger. Lekker Resepte vir die Jongergeslag  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/ondergedompelde-hoender-brine.html




No comments:

Post a Comment