Tuesday 29 October 2013

ROOIBOS OONDKOEKE

ROOIBOS OONDKOEKE:
 [Leonie van der Merwe]
Bestanddele vir meelmengsel
1.25kg witbroodmeel
10ml sout
1 pakkie (12.5g) kitsgis
Gooi bymekaar en meng deur met die hand.
Bestandele vir rooibosteemengsel
25ml heuning
25ml olyfolie
750ml rooibostee wat goed getrek het (4 teesakies)
2ml witasyn (dit neem die gissmaak weg)
METODE:
Gooi die rooibostee by die heuning en olie.
Roer goed deur sodat die heuning vloeibaar kan wees en laat afkoel tot louwarm.
Maak ‘n holte in die meelmengsel en gooi die rooibosteemengsel by.
Knie baie goed tot deeg elasties is en daar nie meer deeg aan jou hande vassit nie.
Laat rys op ‘n louwarm plek tot die deeg dubbel die grootte is.
Klits 1 eier en 10ml koue water met ‘n vurk
Sit ‘n teesakkie in en laat week.
Knie die deeg af.

Vorm oondkoeke, ‘n bietjie groter as ‘n gholfbal of soos jy verkies.
Pak in ‘n oondpan met spasies tussen-in sodat dit nie teen mekaar vasrys nie.
Gebruik die teesakkie en smeer die eiermengsel bo-oor die oondkoeke – dit gee ‘n baie mooi kleur.

Bak teen 180°C in ‘n voorafverhitte oond tot deurgebak vir 30 – 35 minuut.
Sit warm voor met plaasbotter en tuisgemaakte konfyt.*
Berie Vd Velden Smith*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/rooibos-oondkoeke.html

No comments:

Post a Comment