Thursday, 10 October 2013

ROOMHORINKIES


                                                      Foto>NatashasKitchen.com

ROOMHORINKIES:
Berie Vd Velden Smith

Die rol metode is belangrik want dis wat die deeg los en flaky maak. Dit klink ingewikkeld maar eintlik baie eenvoudig.
Blaardeeg:
500 ml koekmeelblom

2 ml sout
150 gram botter
125 ml yswater
5 ml suurlemoensap
SO MAAK JY:
Sif meel en sout saam.

Sny botter in ertjie grootte stukkies en vryf net die helfte in die meel in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die yswater met suurlemoensap en sny dit met ‘n mes in meel in.
Meng tot ‘n stywe, gladde deeg.
Rol op meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik. Hou deeg reghoekig.
Bedek 2/3 van die deeg met helfte van orige botter.
Vou derde van deeg sonder botter tot in die middel van deeg met botter en vou ander derde bo-oor.
Vou weer in drie. Bedek en verkoel ‘n rukkie.
Rol uit en plaas laaste orige botter op 2/3 van deeg. Vou soos hierbo. Draai en rol weer uit. Verkoel vir 30 minute.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/roomhorinkies.html

Hoe om horinkie te maak:
1 mengsel blaardeeg

1 eierwit geklits
1 blik karamel
styf geklitste room
SO MAAK JY:
Rol deeg in ‘n reghoek uit tot 3mm dik. Sny in repe van 2.5 cm breed.

Bestryk liggies met geklitste eierwit.
Smeer roomhorinkievorms en draai die repe met klam kant na binne om gesmeerde vorms.
Begin by die punt van vorm en maak seker dat repe oor mekaar val.
Bestryk met eierwit en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 – 10 minute tot bros en goudbruin by 220°C.
Vul punte met karamel en voor met room.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/roomhorinkies.html


 FILO HORINKIES                                         

SARIE KOS
 Foto’s: Donna Lewis Galery

Beïndruk jou gaste met dié een! Dis maklik om self die horinkies te maak. Jy kan roomys of selfs lepels vol sjokolade-mousse daarin voorsit.
•10 velle fillodeeg
•60 ml kanola-olie
MAAK DAN SO:
1. Verhit oond tot 180 ºC. Plaas 6 velle fillodeeg bo-op mekaar. Gebruik ’n ronde 15 cm-koekiedrukker en sny sirkels uit die deeg. Jy kan op een slag deur al die velle deeg sny.

2. Verf sirkels met kanola-olie. Hou die sirkels wat jy nog nie geverf het nie onder ’n skoon, klam kombuisdoek, want dit droog baie vinnig uit. 3. Plaas geverfde deegsirkels bo-op mekaar. Jy gebruik 3 sirkels per horinkie. 4. Rol om metaalhorinkie wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas op bakplaat met die soom na onder. Bak vir 12 minute of tot bruin. Laat afkoel.* Berie Vd Velden Smith*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/roomhorinkies.html 

Met hierdie degie het ons BAIE horinkies  gemaak:
ROOMHORINKIES
5 k Koekmeel
2 tlp Kremetart
½ tlp Sout
500g Bevrore Stork
300 ml Sodawater
2 eetlp Koue Water

Sif meel, kremetart en sout saam.
Rasper margarien en meel. Vryf liggies in met vingerpunte en lig hoog sodat baie lug geskep word. Maak aan met yswater en soda. Rol oop, vou soos koevert en rol weer uit. Bêre oornag in yskas.
Rol uit en sny 2cm x 15cm stroke. Smeer een lang kant eierwit en rol oor gesmeerde horinkies. Meng eiergeel met water en smeer bo-oor.
Bak 15 – 20 min by 190°C.
Lewer ± 30 groot horinkies.
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/roomhorinkies.html 

No comments:

Post a Comment