Friday 29 November 2013

EKSOTIESE VISGEREG



Eksotiese Visgereg

Kerrie, klapper en rissies skep hierdie Thai-geïnspireerde geurige visgereg met Bakers Cream Crackers! Maak ekstra vir ‘n tweede ronde!
Bestandele
30 ml kookolie
1 klein ui, fyngekap
10 ml geurige kerriepoeier
5 ml rooi brandrissievlokkies
10 ml gerasperde gemmerwortel
5 – 10 ml fyngekapte knoffel
1 x 410 g blikkie klappermelk
30 – 45 ml mielieblom
sout en gemaalde swartpeper
400 g stokvisfilette, in happie-grootte gesny
50 g (¼ pakkie) Pyotts Cream Crackers
fyngerasperde skil van 1 lemmetjie of suurlemoen
45 ml gekapte koljanderblare
Verhit die olie en voeg die ui en kerriepoeier by. Soteer tot die ui glasig is. Voeg die brandrissievlokkies, gemmer en knoffel by en soteer tot geurig. Voeg die klappermelk by en bring tot kookpunt. Meng die mielieblom met ’n klein bietjie koue water en klits net genoeg van dié pasta saam met die klappermelk om dik te word. Kook vir ongeveer ’n minuut, geur goed en haal van die plaat af.
Geur die vis en plaas in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Bedek met die warm sous.
Druk die Pyotts Cream Crackers stukkend en meng dit saam met die fyngerasperde skil en koljanderblare. Sprinkel dit oor die vis. Bak in ’n voorverhitte oond teen 220 ºC vir 4 – 6 minute of totdat die vis gaar is. Skep dit in Chinese lepels of piepklein bordjies en bedien dadelik.
Lewer 12 – 16.
NS: Hierdie is nie slegs ’n peuselhappie vir partytjies nie. Dit kan ook ’n hoofgereg wees – dit is werklik heerlik en so maklik om te maak!*Bakers*>

No comments:

Post a Comment